Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vergaan
vergaan [boodskap #145147] Wo, 01 Mei 2024 19:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergaan
Afbreking: ver•gaan


Werkwoord: vergaan
Verlede tyd: het vergaan

Betekenis:
• Om af te sterf, of op te hou om te bestaan.
• Om te sink; onder die water te verdwyn.

Gebruik:
• Die kinders vergaan van die honger.
• Die skip het in die storm vergaan.

Spreekwoord:
• Hoor en sien vergaan. [Daar is 'n groot lawaai.]
• Met man en muis vergaan. [Niemand kon gered word nie.]
• Onkruid vergaan nie. ['n Mens raak nie maklik van hom/haar ontslae nie.]
• Mooi vergaan, maar deug bly staan. [Mooi is van tydelike aard, maar deug is blywend.]
• Skoonheid vergaan, maar deug bly staan. [Deug is meer blywend van aard as mooiheid.]

Vertaling:
Engels: to perish, decay, decompose; to sink, founder
Nederlands: vergaan


Byvoeglike naamwoord: vergaan
Attributief: vergane, vergaande

Betekenis:
• Wat tot niet gaan.

Gebruik:
• Hoeveel vergaande wrakke lê in die kelders van die see?

Afgelei:
• vergaanbaar

Vertaling:
Engels: perished, decayed
Nederlands: vergaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: parabool
Volgende onderwerp: moreen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 19:17:03 MGT 2024