Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eiwit
eiwit [boodskap #145128] Ma, 29 April 2024 17:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eiwit
Afbreking: ei•wit
Samestelling: ei(er) + wit


Selfstandige naamwoord: eiwit
Meervoud: eiwitte
Verkleinwoord: eiwitjie
Meervoud van verkleining: eiwitjies

Betekenis:
• Die wit of deursigtige deel van 'n eier waarin die dooier dryf.
• 'n Proteïen en belangrike voedingstof wat deur die liggaam as boustof vir selle gebruik word.

Gebruik:
• Klop die eiwit styf en gooi dit in die koekbak.
Eiwitte word veral in bloed gevind, maar klein hoeveelhede word ook in verskeie ander weefsels aangetref.

Sinoniem:
• albumien
• albumine
• eiwitstof
• eierwit

Afgelei:
• eiwitagtig
• eiwitafskeiding
• eiwitarm
• eiwitgehalte
• eiwithoudend
• eiwitagtig
• eiwitryk

Vertaling:
Engels: egg white, albumen; protein
Nederlands: eiwit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eiwithoudend
Volgende onderwerp: rommelbestuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 10:58:23 MGT 2024