Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teenspoedig
teenspoedig [boodskap #145076] Do, 18 April 2024 19:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teenspoedig
Afbreking: teen•spoe•dig
Samestelling: teenspoed + -ig


Byvoeglike naamwoord: teenspoedig
Vergrotende trap: teenspoediger
Oortreffende trap: teenspoedigste
Attributief: teenspoedige

Betekenis:
• Wat met mislukking gepaard gaan.

Gebruik:
• Die eerste helfte van die wedstryd was teenspoedig.
• Die wrak van die teenspoedige vliegtuig is nooit gevind nie.

Wisselvorm:
• teëspoedig

Sinoniem:
• noodlottig
• ongelukkig
• ongunstig
• onvoorspoedig
• rampspoedig

Antoniem:
• voorspoedig

Vertaling:
Engels: ill-fated, unfortunate, unprosperous, unlucky
Nederlands: ongunstig, noodlottig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reinheid
Volgende onderwerp: opsweep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:29:12 MGT 2024