Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » radiaal
radiaal [boodskap #145057] Di, 16 April 2024 19:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hoek van 1 radiaal onderspan 'n boog gelyk in lengte aan die radius van die sirkel.
'n Hoek van 1 radiaal onderspan 'n boog gelyk in lengte aan die radius van die sirkel.
radiaal
Afbreking: ra•di•aal


Selfstandige naamwoord: radiaal
Meervoud: radiale

Betekenis:
• Die hoek binne 'n sirkel wat ontstaan as die lengte van die radius (of straal) gelyk is aan die lengte van die boog wat dit onderspan.

Gebruik:
• Die radiaal is die SI-eenheid vir hoeke en in die wiskunde word hoeke meestal in radiale uitgedruk.

Afkorting:
• rad.

Vertaling:
Engels: radian
Nederlands: radiaal


Byvoeglike naamwoord: radiaal
Attributief: radiale

Betekenis:
• Wat vanaf 'n gemeenskaplike punt uitsprei.

Gebruik:
• Die plant se blomme is meerslagtig en radiaal simmetries.

Sinoniem:
• straalsgewys
• uitwaarts

Vertaling:
Engels: radial
Nederlands: radiaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lofuiting
Volgende onderwerp: weerwraak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 18:50:36 MGT 2024