Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hokslaan
hokslaan [boodskap #145043] So, 14 April 2024 11:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hokslaan
Afbreking: hok•slaan
Samestelling: hok + slaan


Werkwoord: slaan hok, hokslaan
Verlede tyd: het hokgeslaan

Betekenis:
• Om 'n kalf met 'n stok van 'n koei af weg te hou.
• (figuurlik) Om iemand te belet om iets lekkers te doen.
• (figuurlik) Om iets stop te sit.

Gebruik:
• Sal jy die kalf hokslaan terwyl ek haar melk?
• Sy ouers slaan hom hok sodat hy nie by die meisie kan gaan kuier nie.
• Korrupsie moet hokgeslaan word.

Spreekwoord:
• Ek sal jou moet hokslaan. [Inperk; die genot van iets ontsê.]

Sinoniem:
• belet
• bekamp
• halter
• inhok
• inperk
• keer
• koudsit
• teengaan
• verhinder
• verhoed
• weghou

Vertaling:
Engels: to keep away, cage; to deprive; to stop
Nederlands: weghouden, wegdrijven; ontnemen; stoppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ondeurdag
Volgende onderwerp: determinasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 19:32:03 MGT 2024