Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » katswink
katswink [boodskap #144930] Ma, 01 April 2024 09:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18781
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
katswink
Afbreking: kat•swink
Samestelling: kat + swink


Byvoeglike naamwoord: katswink
Attributief: katswinke

Betekenis:
• Wat dronk, bedwelmd of bewusteloos is. In 'n ligte beswyming of kortstondige floute.

Gebruik:
• Die bokser het sy opponent katswink geslaan.

Sinoniem:
• bedwelmd
• bewusteloos
• disnis
• duiselig
• flou
• kapot
• uitgeslaan

Afgelei:
• katswinkslag

Vertaling:
Engels: dazed, unconscious
Nederlands: katzwijm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swink
Volgende onderwerp: gasagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 15 11:30:05 MGT 2024