Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » swink
swink [boodskap #144929] Ma, 01 April 2024 09:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
swink
Afbreking: swink


Werkwoord: swink
Verlede tyd: het geswink

Betekenis:
• (verouderd) Om te swenk; skielik van rigting te verander.

Gebruik:
• Soos die voëltjies wat daar swewe, vlugtig dartel, swink en swewe. [Soveel Groete Stuur Ek Jou, Virginia Lee]

Vertaling:
Engels: to turn, swoop
Nederlands: zwenken, duiken


Selfstandige naamwoord: swink
Meervoud: swinke

Betekenis:
• 'n Swenk; vinnige verandering van rigting.

Gebruik:
• Die bokkie gee 'n swink en hardloop links by die leeu verby.

Sinoniem:
• draai
• swaai
• systap
• wending

Afgelei:
• katswink
• omswink
• swinkslag

Vertaling:
Engels: turn, swing, sidestep
Nederlands: zwenk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: newe-effek
Volgende onderwerp: katswink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 07:50:20 MGT 2024