Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gewapen
gewapen [boodskap #144896] Vr, 29 Maart 2024 08:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewapen
Afbreking: ge•wa•pen
Samestelling: ge- + wapen


Byvoeglike naamwoord: gewapen, gewapend
Attributief: gewapende

Betekenis:
• Wat 'n wapen het, of waarby wapens betrokke is.
• Wat versterk is met beton (of 'n ander versterkingsmiddel).

Gebruik:
• Die soldate is tot die tande toe gewapen.
Gewapende beton is 'n sterk en uiters gewilde boumateriaal.

Sinoniem:
• paraat
• toegerus
• versterk

Antoniem:
• ongewapen

Afgelei:
• gewapenderhand

Vertaling:
Engels: armed; reinforced
Nederlands: gewapend


Werkwoord: wapen
Verlede tyd: het gewapen

Betekenis:
• Om met 'n wapen uitgerus te wees.

Gebruik:
• Die Efraimiete was goed gewapen en bedrewe met die boog, maar toe die geveg begin, het hulle gevlug. [Psalms 78:9]

Vertaling:
Engels: armed
Nederlands: gewapend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aktivering
Volgende onderwerp: snotneus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:07:43 MGT 2024