Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wortelboom
wortelboom [boodskap #144807] Wo, 13 Maart 2024 08:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18897
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Wortelbome.
Wortelbome.
wortelboom
Afbreking: wor•tel•boom
Samestelling: wortel + boom


Selfstandige naamwoord: wortelboom
Meervoud: wortelbome
Verkleinwoord: wortelboompie
Meervoud van verkleining: wortelboompies

Betekenis:
• 'n Boom of struik in die familie Rhizophoraceae met opvallende wortels wat bo die grond of water uitsteek.

Gebruik:
Wortelbome floreer in 'n ekwatoriale klimaat, gewoonlik in moerasse of langs kuslyne en getyriviere.

Sinoniem:
• mangrove
• risofoor

Afgelei:
• lugwortelboom
• wortelboommoeras

Vertaling:
Engels: mangrove
Nederlands: wortelboom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afpak
Volgende onderwerp: daarbuite
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 16:29:12 MGT 2024