Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bof
bof [boodskap #144790] So, 10 Maart 2024 17:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18903
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bof
Afbreking: bof


Selfstandige naamwoord: bof
Meervoud: bowwe
Verkleinwoord: boffie
Meervoud van verkleining: boffies

Betekenis:
• 'n Plek in sommige speletjies vanwaar die spel begin word, of wat 'n speler moet bereik om punte aan te teken.
• (bofbal, sagtebal) Een van vier rusplekke op die hoeke van die binneveld.
• (gholf) Plek vanwaar 'n mens by elke putjie afslaan.

Gebruik:
• Die eerste speler wat "aan" is moet met toe oë binne die bof sit en tot honderd tel, terwyl sy maatjies wegkruip.
• Die kolwer slaan die bal en hardloop tot by die tweede bof.
• Die gholfspeler kerf sy bal van die bof af.

Afgelei:
• bofbal
• bofhou
• boflopie

Vertaling:
Engels: den, home; base; tee
Nederlands: basis; honk; tee

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitleef
Volgende onderwerp: sagtebal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 09:49:32 MGT 2024