Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afdwaal
afdwaal [boodskap #144685] Wo, 21 Februarie 2024 18:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afdwaal
Afbreking: af•dwaal
Samestelling: af + dwaal


Werkwoord: dwaal af, afdwaal
Verlede tyd: het afgedwaal

Betekenis:
• Om van die regte pad af te wyk.
• (figuurlik) Om 'n verkeerde pad te volg.
• (figuurlik) Om ongemerk oor iets anders te praat.

Gebruik:
• Moenie alleen op die berg gaan stap of in die mis van die pad afdwaal nie.
• Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal. [1 Timoteus 6:10]
• Jy dwaal al weer van die onderwerp af.

Sinoniem:
• afwyk
• verdwaal
• wegbeweeg
• wegloop

Afgelei:
• afdwalery
• afdwaling

Vertaling:
Engels: to stray; to deviate
Nederlands: afdwalen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: telefonies
Volgende onderwerp: aanvang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 09:49:52 MGT 2024