Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stroomlyn
stroomlyn [boodskap #144682] Di, 20 Februarie 2024 20:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20664
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stroomlyn
Afbreking: stroom•lyn
Samestelling: stroom + lyn


Werkwoord: stroomlyn
Verlede tyd: het gestroomlyn

Betekenis:
• Om meer effektief en vaartbelyn te maak.

Gebruik:
• Die proses is kompleks en moet gestroomlyn word.

Sinoniem:
• vereenvoudig

Vertaling:
Engels: to streamline
Nederlands: stroomlijnen


Selfstandige naamwoord: stroomlyn
Meervoud: stroomlyne

Betekenis:
• Lyn waarlangs 'n stroom beweeg (soos met water, lug, elektrisiteit, ens.)

Gebruik:
• Die wet op energiebehoud bepaal dat alle vorme van meganiese energie in 'n vloeistof langs 'n stroomlyn dieselfde is vir al die punte op daardie stroomlyn.

Vertaling:
Engels: streamline
Nederlands: stroomlijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontlasting
Volgende onderwerp: afvloei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 10 12:20:27 MGT 2024