Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » begerig
begerig [boodskap #144679] Di, 20 Februarie 2024 06:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
begerig
Afbreking: be•ge•rig
Samestelling: begeer + -ig


Byvoeglike naamwoord: begerig
Vergrotende trap: begeriger
Oortreffende trap: begerigste
Attributief: begerige
Partitief: begerigs

Betekenis:
• Wat sterk begeer; verlang na iets waarop 'n mens nie reg het nie.

Gebruik:
• Hy kyk begerig na die hoop geld op die toonbank.

Sinoniem:
• belus
• dorstig
• gretig
• gryperig
• gulsig
• hebsugtig
• hongerig
• inhalig
• jaloers
• naywerig
• verlangend
• vraatsugtig

Antoniem:
• onbegerig

Afgelei:
• begeriges
• begerigheid
• heilbegerig

Vertaling:
Engels: desirous, covetous, avaricious, greedy
Nederlands: begerig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: absensie
Volgende onderwerp: ammoniak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:10:37 MGT 2024