Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grootheid
grootheid [boodskap #144656] Do, 15 Februarie 2024 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grootheid
Afbreking: groot•heid
Samestelling: groot + -heid


Selfstandige naamwoord: grootheid
Meervoud: groothede

Betekenis:
• Die hoedanigheid van groot en wonderlik wees.
• Iets wat meetbaar en kwantifiseerbaar is.

Gebruik:
• Almal was verslae oor die grootheid van God. [Lukas 9:43]
• 'n Fisiese grootheid waarby grootte en rigting ter sprake is, word 'n vektor genoem.

Sinoniem:
• aansien
• heerlikheid
• majesteit
• omvangrykheid
• voortreflikheid
• waardigheid
• hoeveelheid
• kwantiteit
• yslikheid

Afgelei:
• grootheidswaan
• vektorgrootheid
• wortelgrootheid

Vertaling:
Engels: greatness; quantity, value
Nederlands: grootheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: slotvers
Volgende onderwerp: omkom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 13:26:35 MGT 2024