slier [boodskap #144564] |
Sa, 03 Februarie 2024 11:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20596 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slier
Afbreking: slier
Selfstandige naamwoord: slier
Meervoud: sliere
Verkleinwoord: sliertjie
Meervoud van verkleining: sliertjies
Betekenis:
• Iets met 'n lank, dun en slap voorkoms (soos 'n lang, skraal persoon).
Gebruik:
• Haar hare hang in sliere oor haar gesig.
Sinoniem:
• sliert
Afgelei:
• slierig
• slierplant
Vertaling:
Engels: strand, string, tendril, wisp
Nederlands: slier
Werkwoord: slier
Verlede tyd: het geslier
Betekenis:
• Om slepend, glyend of kronkelend te beweeg.
Gebruik:
• Die vrou se lang rok slier oor die dansvloer.
Vertaling:
Engels: to wiggle
Nederlands: slieren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|