Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lende
lende [boodskap #144530] Ma, 29 Januarie 2024 19:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lende
Afbreking: len•de


Selfstandige naamwoord: lende
Meervoud: lendene, lendes
Verkleinwoord: lendetjie
Meervoud van verkleining: lendetjies

Betekenis:
• Die laagste deel van die rug. Die deel van die liggaam langs die ruggraat tussen die ribbe en heupe.

Gebruik:
• Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig. [Spreuke 31:17]

Hiponiem:
• beeslende
• onderlende

Afgelei:
• lendebreuk
• lendedoek
• lendejig
• lendekleed
• lendekarmenaadjie
• lendelam
• lendepyn
• lendepyp
• lendeskyf
• lendespier
• lendestreek
• lendestuk
• lendewerwel

Vertaling:
Engels: loin
Nederlands: lende

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sluitkas
Volgende onderwerp: ensiem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:18:11 MGT 2024