Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buffer
buffer [boodskap #144456] Ma, 22 Januarie 2024 19:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
buffer
Afbreking: buf•fer


Selfstandige naamwoord: buffer
Meervoud: buffers
Verkleinwoord: buffertjie
Meervoud van verkleining: buffertjies

Betekenis:
• Iets of iemand wat tussenin kom om afstand te skep of om beskerming te bied.
• (vervoer) Deel van 'n voertuig wat stampe absorbeer.
• (rekenaars) Tydelike berging.

Gebruik:
• Die ysbeer se pels dien as 'n buffer teen die koue.
• Die motors ry buffer teen buffer deur die besige strate.
• Die program se buffer is te klein.

Sinoniem:
• stampblok
• stamper
• stootbalk
• stootkussing

Hiponiem:
• afvoerbuffer
• drukkerbuffer
• geheuebuffer
• leesbuffer
• sleutelbordbuffer
• terminaalbuffer
• toevoerbuffer
• videobuffer

Afgelei:
• buffergeheue
• bufferkapasiteit
• bufferplakker
• buffersone
• bufferstaat
• bufferstrook
• bufferwerking

Vertaling:
Engels: buffer, bumper, cushion
Nederlands: buffer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vaardig
Volgende onderwerp: oortuigend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:50:52 MGT 2024