Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bitterheid
bitterheid [boodskap #144420] Wo, 17 Januarie 2024 20:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bitterheid
Afbreking: bit•ter•heid
Samestelling: bitter + -heid


Selfstandige naamwoord: bitterheid
Meervoud: bitterhede

Betekenis:
• Die toestand van bitter wees; ongelukkige gevoelens.
• Die toestand van bitter smaak.

Gebruik:
• Jopie Fourie se verhoor en teregstelling het groot bitterheid veroorsaak.
• Proe jy die bitterheid?

Sinoniem:
• gegriefdheid
• leedwese
• ongelukkigheid
• onverbiddelikheid
• teensin
• verbitterdheid
• verbittering
• wrangheid
• wrewel

Afgelei:
• bitterheidsgraad

Vertaling:
Engels: bitterness
Nederlands: bitterheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedink
Volgende onderwerp: dappereinder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:42:40 MGT 2024