Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skandeer
skandeer [boodskap #144216] So, 24 Desember 2023 08:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skandeer
Afbreking: skan•deer


Werkwoord: skandeer
Verlede tyd: het geskandeer

Betekenis:
• Om 'n digitale beeld van iets te vorm.
• Om die oë heen en weer te beweeg om alles waar te neem.
• (ongewoon) Om in versvoete in te deel.

Gebruik:
Skandeer asseblief die dokument en e-pos dit vir my.
• Haar oë skandeer die bosveld totdat haar blik op 'n bok vasval.
• Hy skandeer die gedig.

Sinoniem:
• aftas

Afgelei:
• skandeerder
• skandeermasjien
• skandering

Vertaling:
Engels: to scan; to sweep
Nederlands: scannen, aftasten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skandering
Volgende onderwerp: verfilm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:48:23 MGT 2024