Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kruising
kruising [boodskap #144211] Sa, 23 Desember 2023 14:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kruising
Afbreking: krui•sing
Samestelling: kruis + -ing


Selfstandige naamwoord: kruising
Meervoud: kruisinge, kruisings
Verkleinwoord: kruisinkie
Meervoud van verkleining: kruisinkies

Betekenis:
• Die plek waar dinge mekaar kruis (soos paaie of treinspore).
• Die handeling om verskillende dinge te vermeng.

Gebruik:
• Die meeste ongelukke gebeur op of naby 'n kruising.
• Die hond is 'n kruising tussen 'n beagle en 'n chihuahua.

Sinoniem:
• interseksie
• kruispad
• kruispunt
• kruisweg
• baster
• bloedmenging
• herkombinasie
• hibried
• verbastering
• vermenging

Hiponiem:
• draadkruising
• padkruising
• rassekruising
• wisselkruising

Afgelei:
• kruisingsbrug
• kruisingshoek
• kruisingsproduk

Vertaling:
Engels: crossing, intersection; cross, hybrid, cross-breeding
Nederlands: kruising

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rampbestuur
Volgende onderwerp: opvlamming
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:49:03 MGT 2024