Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bloudruk
bloudruk [boodskap #144107] Vr, 15 Desember 2023 17:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bloudruk vir die bou van 'n skip.
'n Bloudruk vir die bou van 'n skip.
bloudruk
Afbreking: blou•druk
Samestelling: blou + druk


Selfstandige naamwoord: bloudruk
Meervoud: bloudrukke

Betekenis:
• 'n Uitgewerkte plan of ontwerp.
• (verouderd) 'n Afskrif van wit lyne op 'n blou agtergrond.

Gebruik:
• Die regering het 'n bloudruk vir die uitroei van armoede vrygestel.
• 'n Bloudruk is die negatief van 'n tegniese tekening wat met 'n ligproses gekopieer is.

Sinoniem:
• ontwerp
• plan
• skema

Afgelei:
• bloudrukkamer
• bloudruklamp
• bloudrukmasjien

Vertaling:
Engels: blue print
Nederlands: blauwdruk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: matrys
Volgende onderwerp: skrede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:50:02 MGT 2024