Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » intelligensie
intelligensie [boodskap #144021] Vr, 01 Desember 2023 09:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
intelligensie
Afbreking: in•tel•li•gen•sie
Samestelling: intelligensie


Selfstandige naamwoord: intelligensie
Meervoud: intelligensies

Betekenis:
• Die vermoë om te leer, te verstaan en oor dinge te dink.
• Die inligting wat oor geheime aangeleenthede verkry is.

Gebruik:
• Die papegaai se intelligensie verstom my.
• Ons het intelligensie bekom wat daarop dui dat die vyand 'n aanval beplan.

Sinoniem:
• begrip
• denkvermoë
• intellek
• knapheid
• redeneervermoë
• skerpsinnigheid
• skranderheid
• slimheid
• verstand

Hiponiem:
• skynintelligensie

Afgelei:
• intelligensiedepartement
• intelligensiediens
• intelligensiegemeenskap
• intelligensiekwosiënt
• intelligensiemeting
• intelligensiepeil
• intelligensietoets
• intelligensievlak

Vertaling:
Engels: intelligence
Nederlands: intelligentie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sotlikheid
Volgende onderwerp: uitmekaarspat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 05:49:43 MGT 2024