Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wrewel
wrewel [boodskap #143937] Di, 21 November 2023 19:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19176
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wrewel
Afbreking: wre•wel


Selfstandige naamwoord: wrewel
Meervoud: wrewels
Verkleinwoord: wreweltjie
Meervoud van verkleining: wreweltjies

Betekenis:
• 'n Gevoel van ongelukkigheid of bitterheid; teruggehoude irritasie.

Gebruik:
• Jakob het vir Josef voorgetrek, wat 'n gevoel van wrewel en haat by Josef se broers laat ontstaan het.

Sinoniem:
• antagonisme
• bitterheid
• gegriefdheid
• gramskap
• haatdraendheid
• irritasie
• kwaadwilligheid
• misnoegdheid
• ontevredenheid
• venyn
• verbitterdheid
• vyandigheid
• wraaklus
• wraaksug
• wrok

Afgelei:
• wreweldaad
• wrewelrig

Vertaling:
Engels: resentment, bitterness, annoyance
Nederlands: wrevel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doeanebeampte
Volgende onderwerp: eetlus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 19:08:19 MGT 2024