Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afskop
afskop [boodskap #143931] Ma, 20 November 2023 18:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afskop
Afbreking: af•skop
Samestelling: af + skop


Werkwoord: skop af, afskop
Verlede tyd: het afgeskop

Betekenis:
• Om 'n wedstryd (of 'n fase daarvan) te begin deur 'n bal te skop.
• Om iets te breek deur dit te skop; inskop.
• Om ondertoe te skop.
• Om te begin; lanseer.

Gebruik:
• Ná 'n drie moet die opponente afskop.
• Die polisieman het die huis se deur afgeskop.
• Die seun skop die bal van die paviljoen af.
• Die partytjie skop om 19:00 af.

Afgelei:
• afskoptyd

Vertaling:
Engels: to kick off, kick down
Nederlands: aftrappen; beginnen


Selfstandige naamwoord: afskop
Meervoud: afskoppe

Betekenis:
• 'n Skop om 'n wedstryd (of fase daarvan) te begin.
• Die begin van iets.

Gebruik:
• Die seuns het van die afskop af klipharde rugby gespeel.
• Sy was voor die afskop van die eksamen al op haar senuwees.

Sinoniem:
• aanvangskop
• beginskop

Vertaling:
Engels: kick-off
Nederlands: aftrap; begin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verdedigend
Volgende onderwerp: bewusteloosheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 09:04:23 MGT 2024