Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haasbek
haasbek [boodskap #143831] Ma, 13 November 2023 15:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Haasbek.
'n Haasbek.
haasbek
Afbreking: haas•bek
Samestelling: haas + bek


Byvoeglike naamwoord: haasbek
Attributief: haasbek

Betekenis:
• Sonder 'n paar tande (veral voortande) in die mond.

Gebruik:
• Hy het die inbreker haasbek geslaan.

Sinoniem:
• haasmond
• uittand

Vertaling:
Engels: with a missing tooth
Nederlands: met een ontbrekende tand


Selfstandige naamwoord: haasbek
Meervoud: haasbekke
Verkleinwoord: haasbekkie
Meervoud van verkleining: haasbekkies

Betekenis:
• Persoon met 'n mond sonder voortande.
• Voorwerp wat so lyk.

Gebruik:
• Ouma en oupa se haasbekkie kom die naweek kuier.
• Die saag het al 'n paar haasbekke in die middel.

Sinoniem:
• haasbekbeitel
• haasbekkind
• haasbeksaag

Vertaling:
Engels: person with a missing tooth; rabbit mouth
Nederlands: persoon met een ontbrekende tand; konijnenmond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sokkerspeler
Volgende onderwerp: bloukol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 03:40:54 MGT 2024