Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gemak
gemak [boodskap #143680] Wo, 01 November 2023 19:16
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18979
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gemak
Afbreking: ge•mak


Selfstandige naamwoord: gemak
Meervoud: gemakke
Verkleinwoord: gemakkie
Meervoud van verkleining: gemakkies

Betekenis:
• 'n Ontspanne toestand van gerief en tevredenheid.
• Die vermoeë om iets maklik te kan doen.
• Iets wat 'n taak makliker maak.

Gebruik:
• Die vriendelike mense het ons dadelik tuis en op ons gemak laat voel.
• Sy bak met gemak tien koeke per dag.
• Die plek is skoon, netjies en van alle gemakke voorsien.

Sinoniem:
• aangenaamheid
• gerief
• gerieflikheid
• kalmte
• ontspanning
• rustigheid
• vreedsaamheid

Antoniem:
• ongemak

Afgelei:
• gemakhuisie
• gemaklik
• gemakshalwe
• gemakshuisie
• gemakstoel
• gemaksug

Vertaling:
Engels: comfort, ease; leisure, convenience
Nederlands: gemak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: moeiteloos
Volgende onderwerp: onbetaamlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 11:15:41 MGT 2024