Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....)
Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17540] Wo, 16 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> my woordeboek gee ook baie spreekwoorde wat ek
> voorheen nooit gehoor het nie (soos bv. "met Jan tuisbly se karretjie ry",
> haha, baie snaaks!).

Wanneer ons die jaar NIE iewers heen gaan met vakansie nie - wat meer dikwels gebeur het!
- het ons gesê "ons doen die tuinroete". Dit was 'n ironiese (en taalkundig onsuiwer!)
verwysing na die Tuinroete, daardie ongeëwenaarde mooi roete van die Tsitsikamma af tot
by Knysna, en dalk nog verder ook. Ons tuisbly-tuinroete was 'n verwysing na die voortuin
en/of agtertuin by die huis. Ek weet nie of dit 'n algemene uitdrukking was nie. Ek het
dit nie baie dikwels gehoor nie.

> "archaic" (?) : argaïes

> Lugbesoedeling = Luftverschmutzung, "besudeln" is ook 'n duitse woord, maar in hierdie
> konteks klink dit werklik snaaks

Hmmm... interessant. Kan jy dalk uitwei hieroor?

> Hmmm, ek moet erken dat ek dit maar al gesien het, maar tot dusver het ek nie heel
> besef dat ek dit op dié manier kan aanwend. Interessant!

Pas op vir die gebruik van die woord "maar". Dis nie 'n maklike woord in Afrikaans nie.
Dit dui gewoonlik 'n teenstelling aan: Jan het nie gekom nie, MAAR sy ouers het opgedaag
nie; of: Ek wil nie graag gaan nie, MAAR ek sal tog gaan. Hier dui dit onwilligheid aan.

Die probleem, lyk dit my, as ek moet oordeel na die konteks van jou gebruik daarvan in
jou sin hierbo, en ook jou volgende sin, is dat dit in die eerste sin met "wel" vervang
moes word (om stelling te bevestig); in die sin hieronder sou jy beter gevaar het as jy
"egter" gebruik het - wat ook weer 'n soort teenstelling aandui.

> In Duits is dit 'n bietjie anders. Dis maar ook moontlik om 'n storie in die verlede
> tyd te vertel en die teenwordige tyd te gebruik....

> Maar as jy 'n storie in die toekoms wil vertel kan jy die teenwordige tyd wel gebruik.
> Weens die feit dat jy gewoonlik 'n woord soos "later vandag", "môre" of "volgende week"
> byvoeg as jy van die toekoms praat is dit in elk geval verstaanbaar wat jy bedoel.

In Afrikaans ook. Dis meer gewoon om die "sal" weg te laat: "Môre ry ek (of: gaan) ek
Frankfurt toe." Die gebruik van die hulpwerkwoord "sal" dui meer op 'n besliste voorneme
of op 'n onderneming om iets te doen as op die toekomende tyd.

> "Môre sal ek na Frankfurt toe ry" = "Morgen werde ich nach Frankfurt fahren"

> Maar jy hoef die woord "werden" (="sal") nie te gebruik nie, dus "morgen fahre ich nach
> Frankfurt" is ook korrek.

Thorsten, ek hoop nie jy neem my kwalik dat ek doen wat ek hierbo gedoen het nie. Ek wil
nie pedanties voorkom nie. Jou puik gebruik van Afrikaans verstom en verbly my. Dis
idiomaties en suiwer - iets wat ek selde van baie van my taalgenote kan sê! Dis slegs die
enkele minder akkurate gebruik van woordjies hier en daar wat verraai dat Afrikaans nie
jou moedertaal is nie. Veels geluk daarmee! Ek weet dat ek veel erger sou vaar as ek in
Duits moes skryf.

Groete uit Pennsylvania, VSA - en weer eens: geluk met jou puik bemeestering van ons
taal. Doe so voort!

Henry
Re: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17565 is 'n antwoord op boodskap #17540] Do, 17 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl wrote:
>
> by Knysna, en dalk nog verder ook. Ons tuisbly-tuinroete was 'n verwysing na die voortuin
> en/of agtertuin by die huis. Ek weet nie of dit 'n algemene uitdrukking was nie. Ek het
> dit nie baie dikwels gehoor nie.

Ek het ook al langs die tuinroete gery toe ek in SA was... Tsitsikamma, Knysna
en die Wildernis... ag, dis werklik 'n mooi stukkie aarde (so sê ons in Duits).
In duits sê die mense soms "ich reise nach Balkonien" of "...nach Geranien".

Balkon = nou ja... werklik moeilik :-)
Geranie = engl. "geranium" (blom)

>> Lugbesoedeling = Luftverschmutzung, "besudeln" is ook 'n duitse woord, maar in hierdie
>> konteks klink dit werklik snaaks
>
> Hmmm... interessant. Kan jy dalk uitwei hieroor?

"Besudeln" is geen formele woord nie. Afgesien daarvan sou ek dit net gebruik
wanner ek bv. iets met koffie besoedel of wyn oor my hemp gooi. Maar water en
lug mag in duits nie "besoedel" word nie, daarvoor gebruik ons die woord "verschmutzen".

> Pas op vir die gebruik van die woord "maar". Dis nie 'n maklike woord in Afrikaans nie.
> Dit dui gewoonlik 'n teenstelling aan: Jan het nie gekom nie, MAAR sy ouers het opgedaag
> nie; of: Ek wil nie graag gaan nie, MAAR ek sal tog gaan. Hier dui dit onwilligheid aan.

O? Ek dag dis moontlik om dit in die vorm van "maar... maar" soos die duitse
"zwar... aber" aan te wend... ek wonder net waar ek dit gelees/gesien het?

Ek wil nie graag gaan nie, maar ek sal tog gaan.
Ich gehe nur ungern, aber ich werde doch gehen.
==> Ich gehe ZWAR nur ungern, aber ich werde doch gehen.

Die woord "zwar" word slegs gebruik om die teenstelling te benadruk.

> Thorsten, ek hoop nie jy neem my kwalik dat ek doen wat ek hierbo gedoen het nie. Ek wil
> nie pedanties voorkom nie.

Ag wat, ek verwelkom elke verbetering van iemand wat Afrikaans as sy
moedertaal praat. Anders sou ek, as ons in Duits sê, "nooit op 'n groen tak
aankom nie". :-)

Groete,

Thorsten
Re: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17584 is 'n antwoord op boodskap #17540] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl wrote in message ...
>> my woordeboek gee ook baie spreekwoorde wat ek
>> voorheen nooit gehoor het nie

Mens kan heelwat leer by die volgende adres.
Vir die wat nie weet nie; "Maties" is die noemnaam vir die Univ. van
Stellenbosch.
http://www.twisted.co.za/page/afrikaan/index.htm
Re: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17585 is 'n antwoord op boodskap #17540] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller heeft geschreven...
> In duits sê die mense soms "ich reise nach Balkonien" of "...nach Geranien".
>
> Balkon = nou ja... werklik moeilik :-)
> Geranie = engl. "geranium" (blom)
>

Achterbalkonia (het achterbalkon)
Herto Campola (het hertenkamp)
Parijswijk (Rijswijk is een buurgemeente)
Lagio des Verlato ("Het Verlaat" was een zwembad in de buurt)

Mijn opa en oma gaan (of in geval van het gesloopte zwembad, gingen) hier
altijd naartoe op vakantie. Ikzelf geef veruit de voorkeur aan Frankrijk :-)

>>> Lugbesoedeling = Luftverschmutzung, "besudeln" is ook 'n duitse woord, maar in hierdie
>>> konteks klink dit werklik snaaks
>>
Luchtverontreiniging of luchtvervuiling. Besoedelen klinkt hier ook snaaks
(mooi woord overigens, snaaks, een beetje ouderwets hier). In Nederland kun
je eigenlijk alleen nog iemands naam bezoedelen, of je handen met bloed.
Vrijwel alleen gebruikt in uitdrukkingen (archa�sch).

Als een Afrikaan z'n rommel opruimt (when he cleans his house, for example),
maakt ie dan schoon of kuist ie? Dat laatste gebruiken ze in Vlaanderen
(toch, Hilda?).

> O? Ek dag dis moontlik om dit in die vorm van "maar... maar" soos die duitse
> "zwar... aber" aan te wend... ek wonder net waar ek dit gelees/gesien het?

In het Nederlands kan dat soms ook:
Ik ga maar weinig op vakantie, maar ik ga dan wel lekker lang!

Overigens laten zowel "aber" als "nur" laten zich door "maar" vertalen,
misschien kom je daardoor in verwarring?

"zwar...aber" = "weliswaar of wel...maar", Afrikaans kent vast ook zoiets.

> Ek wil nie graag gaan nie, maar ek sal tog gaan.
> Ich gehe nur ungern, aber ich werde doch gehen.
> ==> Ich gehe ZWAR nur ungern, aber ich werde doch gehen.

Ik ga weliswaar niet graag, maar ik ga toch.
Ik ga wel niet graag, maar ik zal toch gaan.

> Die woord "zwar" word slegs gebruik om die teenstelling te benadruk.

"Weliswaar" ook. Afrikaans heeft vast een eigen equivalent.

Ik hoop dat ik een beetje duidelijk over kom. Leuke discussie.

Groeten,
Arthur
Re: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17586 is 'n antwoord op boodskap #17540] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl wrote in message ...
>> my woordeboek gee ook baie spreekwoorde wat ek
>> voorheen nooit gehoor het nie

Mens kan heelwat leer by die volgende adres.
Vir die wat nie weet nie; "Maties" is die noemnaam vir die Univ. van
Stellenbosch.
http://www.twisted.co.za/page/afrikaan/index.htm
Re: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17587 is 'n antwoord op boodskap #17540] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl wrote in message ...
>> my woordeboek gee ook baie spreekwoorde wat ek
>> voorheen nooit gehoor het nie

Mens kan heelwat leer by die volgende adres.
Vir die wat nie weet nie; "Maties" is die noemnaam vir die Univ. van
Stellenbosch.
http://www.twisted.co.za/page/afrikaan/index.htm
Re: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17623 is 'n antwoord op boodskap #17540] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:

> Luchtverontreiniging of luchtvervuiling. Besoedelen klinkt hier ook snaaks
> (mooi woord overigens, snaaks, een beetje ouderwets hier). In Nederland kun
> je eigenlijk alleen nog iemands naam bezoedelen, of je handen met bloed.
> Vrijwel alleen gebruikt in uitdrukkingen (archaïsch).

In duits is dit wel ook moontlik om iemand se naam of jou hande met bloed te
"besudeln", maar "beflecken" klink in hierdie geval beter.

der Fleck = vlek (ag wat...)

> Ik hoop dat ik een beetje duidelijk over kom. Leuke discussie.

Je bent meer als duidelijk, dat kan ik verzekeren. Het woord "leuk" heb ik
maar niet verstanden. In mijn Afrikaans-woordenboek heb ik dat ook niet
gevonden (??? - Ek hoop my pogings om 'n bietjie Nederlands te skryf is nie te
armsalig nie).

Groete,

Thorsten
Re: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17677 is 'n antwoord op boodskap #17540] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller heeft geschreven...
>
> In duits is dit wel ook moontlik om iemand se naam of jou hande met bloed te
> "besudeln", maar "beflecken" klink in hierdie geval beter.

De term bevlekken gebruik eigenlijk niet (om de één of andere reden moet ik
dan aan de onbevlekte ontvangenis van de maagd Maria denken....), besmeuren
of bevuilen wel, maar in het geval van bloed is bezoedelen het beste woord.

> Je bent meer als duidelijk, dat kan ik verzekeren. Het woord "leuk" heb ik
> maar niet verstanden. In mijn Afrikaans-woordenboek heb ik dat ook niet
> gevonden

Ich denke, da� "angenehme Diskussion" die genaueste übersetzung für "leuke
diskussie" sein w�rde. Aber ... leuk is eigenlijk een woord dat zich niet
best laat vertalen. In een andere context kan het "lustig", "net",
"am�sant", "attraktive" en nog wel meer ook betekenen.

> (??? - Ek hoop my pogings om 'n bietjie Nederlands te skryf is nie te
> armsalig nie).

Je Nederlands is prima! Maar laat je a.u.b. door mij niet van je studie naar
het Afrikaans afleiden! Tot mijn schande moet ik bekennen dat ik zelf
eigenlijk 'n beetje uit luiheid in het Nederlands blijf schrijven. Gelukkig
nemen de anderen op deze groep me dat niet kwalijk. Ik heb bewondering voor
je inzet.

Groeten,
Arthur

O ja, gloeiwurmpies. Hadden ze niet bepaalde genen van deze beestjes
overgebracht op aardappelplanten om ze resistent tegen één of andere
schimmelziekte te maken?
Re: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17738 is 'n antwoord op boodskap #17540] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> Je Nederlands is prima! Maar laat je a.u.b. door mij niet van je studie naar
> het Afrikaans afleiden! Tot mijn schande moet ik bekennen dat ik zelf
> eigenlijk 'n beetje uit luiheid in het Nederlands blijf schrijven.

Ek sou graag die Nederlandse taal leer, maar ek glo dat ek die twee tale net
deurmekaar sou bring. Dit is egter nie die eerste keer dat ek 'n taal probeer
praat wat ek nooit geleer het nie. Toe ek in Italië was het ek ook deur 'n
mengsel van Spaans, Engels en Latyn gekommunikeer.
Hmmm... ek onthou dit het gebeur nadat ek met 'n Nederlander in 'n
Afrikaans-Duits-Engels-Nederlands mikstuur gesels het. ;-)

Dis maar tog beter as die Amerikaner wat vir die een Italiaanse vrou gesê het
"you have to learn English... English and Italian are quite similar... it's
eeeeasy for you to learn, understand?", en toe sê die vrou "ah, if easy you
can parla Italiano then!" :)

Groete,

Thorsten

> O ja, gloeiwurmpies. Hadden ze niet bepaalde genen van deze beestjes
> overgebracht op aardappelplanten om ze resistent tegen één of andere
> schimmelziekte te maken?

So lank hulle nie resistent gemaak word teen mense wat die aardappels wil
eet... :)
Re: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17740 is 'n antwoord op boodskap #17540] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller" writes

> In duits is dit wel ook moontlik om iemand se naam of jou hande met bloed te
> "besudeln", maar "beflecken" klink in hierdie geval beter.
>
> der Fleck = vlek (ag wat...)

Ja, beide "jou hande met bloed besoedel"
en "jou hande met bloed bevlek" kan gebruik
word. Maar daar is 'n subtiele verskil
in betekenis. Wanneer jy "besoedel" gebruik,
verwys dit meer na jou keuse. "Bevlek" dui
amper net gevolge aan.

Leuke discussie.
Het woord "leuk" heb ik
> maar niet verstanden. In mijn Afrikaans-woordenboek heb ik dat ook niet
> gevonden

Ja, die woord "leuk" kom nie in Afrikaans
voor nie. Dis een van die beste maniere
vir my om 'n Nederlander uit te ken: as
hy "leuk" gebruik. Ek wonder waarvandaan
dit kom. Ek wonder of dit familie is van
"lekker" en die Engels "like." En ek wonder
hoekom ons dit nie in Afrikaans ge-erf het
nie. Dit lyk na so 'n lekker woord om
te gebruik.

Gloudina
Vorige onderwerp: Oorsprong van Afrikaans (Indonesie)
Volgende onderwerp: Dubbel "nie" in Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:46:54 MGT 2024