Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Bevryding en teologie (was: WEEN GELIEFDE LAND)
Re: Bevryding en teologie (was: WEEN GELIEFDE LAND) [boodskap #17389] Ma, 07 September 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
miskien
> sou dit 'n interessante een wees om so 'n bietjie te gesels oor die
> geloofsregverdiging van geweld om 'n ideologiese doelstelling
te bereik.

Gideon, dankie vir die vrae wat jy hier vra. Dis
baie belangrike vrae. Ek merk op dat die Rooms-
Katolieke kerk deesdae baie ernstig sy priesters
waarsku teen inmenging in die land, waarin hulle
werk, se politiek. Ons weet ook dat Satyagraha,
die beleid wat Mahatma Ghandi voorgestaan het,
teen fisiese geweld was. 'n Mens kan dus veilig
aanneem dat geestelike leiers nie fisiese geweld
maklik sal goedpraat nie. Ek dink dat selfs in die
Moslem-wereld hulle konsep van 'n heilige oorlog
nie fisiese geweld predik nie. Enige �liberation-
theology� wat dus verklaar dat dit reg is om dood
te maak as jou einddoel dit waardig is, staan op
wankelende grond. En ek twyfel of die besluite van
die vryheidsvegters van die ANC ge-inspireer is
deur hulle Christelike beginsels. Baie van hulle was
nie belydende Christene nie. Hulle doel was om die
mag van die land weg te neem van 'n klein groepie
van rassistiese terroriste wat die regerings-strukture
van die land geskaak het en vir veertig jaar lank 'n
diktatorskap daargestel het. En boonop nog vir hul-
self beroep het op die leer van die NG Kerk, waar
'n klein groepie rassistiese pseudo-geestelikes die
storie verkondig het dat apartheid bybelse gronde
het. Dit is en was nog vir my een van die grootste
skandale van die afgelope halfeeu in Suid-Afrika:
die rol wat die sogenaamde Afrikaanse kerke
gespeel het in die instandhouding van 'n duiwelse
sisteem. En diegene wat op hierdie nuusgroep kom
praat van hoe hulle Christene is, en dan rasse-onmin
predik en geweld voorstaan, hulle is 'n etter-sweer
in die liggaam van die Afrikaanse gemeenskap binne
en buite Suid-Afrika.

Dante en Publius Vergilius Maro (17 - 19 V.C.)
Vorige onderwerp: Re: The origin of Afrikaans
Volgende onderwerp: Wat is die goeie dinge in RSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 19 00:51:49 MGT 2024