Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: ALEEN
Re: ALEEN [boodskap #17076] Wo, 26 Augustus 1998 00:00
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...
> On 26 Aug 1998 00:33:19 GMT, "spectrolab"
> wrote:
>
> |IS DIT NET EK OF GAAN HIER NIKS AAN OP HIERDIE
> |NEWSGROUP
> |
> Louie, dit hang af wat jy wil weet of vra jy nie 'n vraag...
>
> As jy wil begin gesels, antwoord op een of meer van die volgende:
>
> Suid Afrikaners wat ex-landgenote kritiseer oor hulle emigrasie,
> verkondig hulle eie onderdrukte begeerte om pad te gee.
>
> of
>
> Joernaliste is nie noodwendig alwetende intelektuele reuse nie.
>
> of
>
> As jy half Engels half Afrikaans grootgeword het, pas jy nie by die
> Afrikaanse gemeenskap in nie.
>
> of
>
> snip>.
>
> of
>
> Godsdienstige fundamenatlisme is verkeerd!
>
> Solank jy net met ons in Afrikaans kommunikeer - hier is heelwat
> buitelanders teenwoordig wat hulleself Afrikaans geleer het en wat
> interesante bydraes lewer vanuit hulle gewoonlik Europese agtergrond.
> Hier is verbale reuse (klink soms of hulle verbale diaree het) wat jou
> met lang skrywes kan antwoord) Hier is een of twee kreature wat kan
> vloek dat die mees geharde pre '94 korporaal in die army sal bloos.
> Hier is ouens wat gou op hulle perdjies spring en maklik ontstel word.
> Hier is ouens wat persoonlike aanvalle maak as hulle nie meer 'n punt
> kan verdedig nie en hier is baie lurkers.
>
> En jy, vanwaar gehasie???
>
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Johan

Daar slaan jy die spyker op die kop. Ek het die nuusgroep vir 'n ruk vermy,
en groot was my verbasing toe ek vandag besluit om in te loer, en wraggies,
is dit doodstil hier. En daar hoor ek toe 'n paar Afrikaanse woorde op ons
"local" nuus net gisteraand .... ek was amper uit my vel uit van
opgewondenheid.

Groetnis
Julie
http://www.oocities.org/heartland/ranch/6308
Vorige onderwerp: New SA speak? 'n Leuen is nie oneerlik? En hulle is steeds in hul' poste?
Volgende onderwerp: "The Francolin" by STEPHEN WATSON
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 22:40:31 MGT 2024