Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » desnieteenstaande
desnieteenstaande [boodskap #142043] Ma, 05 Junie 2023 13:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
desnieteenstaande
Afbreking: des•nie•teen•staan•de


Voegwoord: desnieteenstaande

Betekenis:
• Ondanks die feit dat; ten spyte van; in weerwil van.

Gebruik:
• Haar hoë ouderdom desnieteenstaande, wil sy gaan valskerm spring!
• Die saak is verlore; desnieteenstaande beskaam die hoop nie.

Sinoniem:
• desnietemin
• nieteenstaande
• nietemin

Vertaling:
Engels: nevertheless
Nederlands: desniettegenstaande

Nota:
• "Desnieteenstaande" verwys na 'n reeds genoemde feit en kom gewoonlik in die middel van 'n sin voor. "Nieteenstaande" kom meestal aan die begin van 'n sin voor.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nieteenstaande
Volgende onderwerp: gelyknamig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 13:32:52 MGT 2024