Ou ooms met jong vrouens [boodskap #142039] |
So, 04 Junie 2023 20:14 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 521 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
89-jarige man: "Kan jy glo Dok, my 20-jarige vrou is swanger. Ek het dit nog!"
Dokter: "Kom ek vertel jou 'n storie. 'n Jagter loop in die veld en 'n leeu bestorm hom.
Hy gryp sy sambreel, mik na die leeu, druk die knoppie, die sambreel maak oop
en die leeu val morsdood neer!"
89-jarige man: "Onmoontlik, iemand moes die leeu geskiet het!"
Dokter: "Presies!!!"
|
|
|
Re: Ou ooms met jong vrouens [boodskap #142040 is 'n antwoord op boodskap #142039] |
So, 04 Junie 2023 20:16 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 521 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Die ou oom van aggentaggentag sit alleen by die huis.
Hy dink sy jong bruidjie is net winkel toe, maar sy het die ginekoloog gaan besoek.
Die telefoon lui. "Liefie," koer haar stemmetjie. "baie geluk, jy gaan 'n pappie word!"
Stilte. Dan kom dit bewerig: "E...e... wie praat?"
|
|
|