Honde baklei [boodskap #141057] |
Thu, 09 February 2023 08:23 |
|
Elana
Boodskappe: 1 Geregistreer: February 2023
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek hoop iemand het vir my raad.
Ons het 'n foxie van so 2jr en het nou 'n Jack Russel gekry,altwee reuntjies en altwee is reggemaak. Oreo (die foxie) is nou seker so 2jaar by ons en Cola (die Jackie) is nou so 6maand by ons. Oreo bly met Cola baklei,dit raak nou so erg dat hy my ook sommer byt as ek hulle uitmekaar haal. Ek is regtig bekommerd en weet nie hoe ek dit kan hanteer nie. Cola begin noual regtig bang raak vir Oreo en trek sommer inmekaar as Oreo net naby kom. Hy is die heeltyd op die uitkyk waar Oreo is.
Enige raad sal wardeer word.
|
|
|
Re: Honde baklei [boodskap #141058 is 'n antwoord op boodskap #141057] |
Thu, 09 February 2023 13:21 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 526 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Behalwe om hulle op 'n manier apart te hou, of een weg te gee, weet ek nie regtig nie. Ek neem aan die jonger hond kompeteer vir kos of aandag. Dit klink dalk simpel, maar gee die jonger hondjie dalk eerste kos en aandag, en foeter kom as jy vir die ouer een knor. Behalwe dit, kan ek maar net sê sterkte, jy gaan dit nodig hê!
|
|
|