Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die spinnekop teen die hek
die spinnekop teen die hek [boodskap #140512] Sa, 29 Oktober 2022 16:40
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
skaars bewus van jou bestaan
sien ek jou gewoonlik as ‘n klein, swart iets
wat deur die wind vasgewaai is teen die spinnerak wat my veiligheidshek versier

smôrens as ek die deur oopmaak
is die spinnerak daar
‘n brose skepping in ‘n koue wêreld
soms met doudruppels oortrek
of deur ‘n blaar ontsier
maar altyd is jy ook daar
die klein, swart iets

dan verwonder ek my aan die pragstuk teen die hek
en wonder waarom ek nog nooit die skepper daarvan gesien het nie
in ‘n oogwink verwyder ek dan die rak met my wysvinger
en begin my gereedmaak vir die dag wat voorlê

een oggend was my wysvinger te stadig
en jy het soos blits op die hek se traliewerk gaan sit
dis toe dat ek besef het dat jy die spinnekop is
wat my veiligheidshek versier
Vorige onderwerp: eiland van verdoemenis
Volgende onderwerp: Gebed ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:55:51 MGT 2024