Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » boerewors hier vêr in die ooste
boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16355] Vr, 24 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Vyg Fynbos  is tans af-lyn  Vyg Fynbos
Boodskappe: 15
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
boerewors

...hy praat al maande van boerewors maak, en tot my groot
verbasing email hy toe my suster (wie oppad Thailand toe
was vir n vakansie by ons) om worsderms saam te bring.

daar was inderhaas opsoek gesit na n vleismeul, en in die
taai bedompige strate van Rayong kry hy die meul !

die worsderms het veilig opgedaag, en hy is weg na die
naaste supermark so 60km van ons apartment af, met
die Kook en Geniet se boerwors resep in sy hempsak.

ek en suster sit rustig laatmiddag op die balkon en whiskey
drink toe ons skielik n groot lawaai van die kombuis se kant
af hoor.

ek kon dit skaars glo toe ek sien hy die vleismeul aan my
groot houtbord vasgebout het en daar staan en kilometers
worsderms sorteer, op die tafel lê ponde vleis en pakkies
speserye !

met groot belangstelling begin ek bakke aandra.

met geslypte mes is die groot hompe vark en beesvleis
gesny. Hy druk die stukke vleis deur die meul en draai
die slinger.. dit werk ! die vleis kom gemeul daaruit.

die vleis,peper,sout,koljander,peper,naeltjies en neut word
hard geknie in n groot bak, die asyn by, is die bak vleis
vir n uur laat staan.

intussen drink ek en suster nog n whiskey en hy n
klosterbier, ons is baie opgewonde oor die hele
worsmaak episode.

hy het die worsderm versigtig aan die meultuit gehak, die
vleis by die meul ingedruk en toe sien ons die wors !!

Wha ha ha, dit was fantasties, en ek was baie versigtig
om nie soos jare gelede toe hy roomys gemaak het,
skeptiese afkrakende aanmerkings te maak nie. ;-()

dit was n groot suskes, en na ek die kombuis geskrop
het, het hy n pan op die plaat met wors daarin.

ons het heerlik gesmul aan die boerewors en marmitesous
op brood, met groot herhinnering aan vriende en familie
in Suid-Afrika.

nou sê ek vir julle, n man wat duisende kilometers van die
huis af is, en so n lekker wors maak, kan net n boerseun
wees ! en hy is by my arm ingehak, en maak nie saak
hoe my hart hunker na die Kaap, is ek net tuis waar hy is.

groete
Vyg Fynbos
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16379 is 'n antwoord op boodskap #16355] So, 26 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
>
> Vyg,
>
> Ek kry julle jammer. Nie oor die wors nie. As ek oor kom, dan bring ek 'n
> paar Cabernet stokke saam, wat julle in 'n bak op die balkon kan plant. Dan
> kan hy sy hand waag aan rooiwynmaak. Dan hoef julle nie whisky te drink nie!
> Henri Burger, Tzaneen. RSA

hello Henri...

klink heerlik !
Vyg

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16380 is 'n antwoord op boodskap #16355] So, 26 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Neels heeft geschreven in bericht
>
> Daai bierbrood is 'n wenner:
>
> 3 koppies bruismeel
> 1/3 koppie suiker
> 1 1/3 bier
>
> Meng en bak vir 1 uur teen 180 C(350 F)
>
Wat is bruismeel precies? Zelfrijzend bakmeel misschien? Moet het dan nog
even rijzen voor je het in de oven zet?

Groeten,
Arthur
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16381 is 'n antwoord op boodskap #16355] So, 26 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
zero_int  is tans af-lyn  zero_int
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 24 Jul 1998 18:52:35 -0500, "Henri Burger"
whispered:

> Ek kry julle jammer. Nie oor die wors nie. As ek oor kom, dan bring ek 'n
> paar Cabernet stokke saam, wat julle in 'n bak op die balkon kan plant. Dan
> kan hy sy hand waag aan rooiwynmaak. Dan hoef julle nie whisky te drink nie!

So gepraat van wors. My mond water nou te veel. Kan enige iemand
dalk so 'n paar boere resepte hie plaas. Henri, wat van een van daai
"secret" potjies wat julle so daar in die bosveld sit en maak? Of een
van die dames kan miskien 'n poeding resep plaas. My ouma het altyd
so 'n "truffle" poeding gemaak. En ek het die resep verloor. Ja ek
weet, dis 'n "hanging offence". Ek het noudie dag vir my amerikaanse
vriende 'n melktert en 'n bier brood gemaak. Hulle het altwee in
omtrent 15 minute opgevreet :)

Daai bierbrood is 'n wenner:

3 koppies bruismeel
1/3 koppie suiker
1 1/3 bier

Meng en bak vir 1 uur teen 180 C(350 F)

Probeer hom.

Groete
Neels

PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]

Remember: Only by sharing our pain can we .... make other people feel bad too.
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16401 is 'n antwoord op boodskap #16355] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 24 Jul 1998 08:13:21 GMT, c-n...@usa.net (Vyg Fynbos) wrote:

>
> boerewors
>
Hel, Vyg, hierdie beskrywing het vir ons groot betekenis - ek leef my
daarin, want jy vat dit so raak. Ons het hier in die VSA ook gou
geleer om die wors te maak - gelukkig het die plaaslike slagter vars
vark derm, want hulle maak Italiaanse Sausages.

Ek maak so dertig pond wors op 'n slag sodat ek nie te gereeld hoef te
maak nie en Jack, die slagter weet nou al ek soek dat hy die vleis vir
my maal op die growwe lem. My vleis meuletjie word net vir die stop
gebruik en nou en dan maal ek die spek daarmee (ek moet ongerookte
bacon koop om darem bietjie spek te kan bekom.)

Die boerewors is natuurlik nou lekker as ek so tussen die muskiete
deur moet braai, maar dis ook 'n baie gemaklike vinnige vleisdis as 'n
mens vinnig wil kos maak.

En raai wat is omtrent die heel lekkerste aspek daarvan? Jy WEET daar
is nie soja poeier en water in die wors nie!
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16402 is 'n antwoord op boodskap #16355] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
zero_int  is tans af-lyn  zero_int
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 26 Jul 1998 14:10:38 +0200, "Arthur Hagen"
whispered:

> Wat is bruismeel precies? Zelfrijzend bakmeel misschien? Moet het dan nog
> even rijzen voor je het in de oven zet?

Dit is soos die engelse sê "Self rising flour". En dit hoef nie eers
te rys voor jy hom bak nie. Meng, sit in pan en bak.

Groete
PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]

Remember: Only by sharing our pain can we .... make other people feel bad too.

If a "little" is good, "more" must be better, and "too much" is just about right.
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16403 is 'n antwoord op boodskap #16355] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Neels (wat my baie gehelp het met die tuisblad) skryf:

> Henri, wat van een van daai
> "secret" potjies wat julle so daar in die bosveld sit en maak?

Neels,

Eerstens, 'n potjie kan nie 'secret' wees nie, jy deel hom!

Myne is eenvoudig, en werk so:

Bestanddele:

Skaapnektjops, volgens behoefte.
2 groot uie, in skywe gesny.
2 pakke knopies sampioene.
Groen boontjies, in stukke gesny ('volstruiskos', volgens my ma).
Geelwortels - ditto.
4 groot artappels, gehalveer.
4 lourierblare.
'n Halwe hand Roosmaryn.
'n Goeie knyp Oreganum.
Sout.
Growwe, varsgemaalde peper.
6 bottels rooiwyn (afhangend van hoeveel ouens help).
'n Halwe bottel sojasous.
2 skeppe botter.

Resep:

Net voor die rugby 4uur begin, steek jy 'n goeie vuur aan - verkieslik
hardekool, maar afhangend van waar jy jou bevind, sal kameeldoring,
wingerdstompie of mieliestronk ook deug.

Maak 'n bottel oop, en kyk die rugby. Rustyd moet jy vinnig kyk of die vuur
nog aan die gang is. Hang die pot oor die vuur dat hy, soos jy, kan opwarm.
Maak die volgende bottel oop (die derde as die Bokke voor is).

As die wedstryd klaar is, vat jy die derde bottel, en skuif vuur toe. Jy
behoort nou redelike kole te hê. Skree vir vroulief om op te hou klets, en
die skaaptjops, botter, 'n halwe hand uie en die roerlepel te bring. Maak
die pot oop en gooi bg. in, en roer vinnig. Druk jou hand in yswater, want
jy het vergeet om te sê sy moet die vatlappie saambring. Bespreek nou die
wedstryd, terwyl jy die tjops laat kookbraai, maar roer hom so nou en dan.
Roer die bottel ook.

As die bottel klaar is, skree jy vir vroulief om die res te bring, en nog 'n
bottel wyn. Nou pak jy dit in lae op die vleis: sampioene, boontjies, uie,
wortels, artappels. Gooi die sojasous, sout , peper en speserye by. Gooi 'n
halwe bottel rooiwyn by (jy kan bokswyn ook gebruik, maar oppas vir een wat
jou vrou 'n jaar in 'n kas gebêre het - jy mors nie goeie asyn nie, vra
my!). Gooi die lourierblare bo-op.

As jy die 4de bottel self gaan haal, vra vir vroulief of sy 'n broodjie bak,
of rys maak. Ignoreer haar kyk.

Luister vir daai pot, hy moenie stil wees nie, want dan gebeur daar of
bokkerôl, of hy brand - hy moet met jou gesels. As die 5de bottel klaar is,
behoort die pot gaar te wees, en jy ook. Dan kan julle maar skep, en die 6de
daarmee saam geniet.

(Alternatiewelik kan jy hom laat staan tot die volgende oggend, dan hoef jy
nie almal eers wakker te maak nie!)

As jy belangstel, vertel ek jou hoe om wildemakou gaar te maak?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16404 is 'n antwoord op boodskap #16355] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
zero_int  is tans af-lyn  zero_int
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 27 Jul 1998 18:12:12 -0500, "Henri Burger"
whispered:

> Neels (wat my baie gehelp het met die tuisblad) skryf:

> Eerstens, 'n potjie kan nie 'secret' wees nie, jy deel hom!

Ja wat. Dit is nou die ding wat hierdie amerikaners nie so mooi
verstaan nie. En dan het hulle die vermetelheid om vir my te se dit
klink vir hulle soos "stew"!!
> Resep:
>
> Net voor die rugby 4uur begin, steek jy 'n goeie vuur aan - verkieslik
> hardekool, maar afhangend van waar jy jou bevind, sal kameeldoring,
> wingerdstompie of mieliestronk ook deug.
>
> Maak 'n bottel oop, en kyk die rugby. Rustyd moet jy vinnig kyk of die vuur
> nog aan die gang is. Hang die pot oor die vuur dat hy, soos jy, kan opwarm.
> Maak die volgende bottel oop (die derde as die Bokke voor is).
>
> As die wedstryd klaar is, vat jy die derde bottel, en skuif vuur toe. Jy
> behoort nou redelike kole te hê. Skree vir vroulief om op te hou klets, en
> die skaaptjops, botter, 'n halwe hand uie en die roerlepel te bring. Maak
> die pot oop en gooi bg. in, en roer vinnig. Druk jou hand in yswater, want
> jy het vergeet om te sê sy moet die vatlappie saambring. Bespreek nou die
> wedstryd, terwyl jy die tjops laat kookbraai, maar roer hom so nou en dan.
> Roer die bottel ook.
>
> As die bottel klaar is, skree jy vir vroulief om die res te bring, en nog 'n
> bottel wyn. Nou pak jy dit in lae op die vleis: sampioene, boontjies, uie,
> wortels, artappels. Gooi die sojasous, sout , peper en speserye by. Gooi 'n
> halwe bottel rooiwyn by (jy kan bokswyn ook gebruik, maar oppas vir een wat
> jou vrou 'n jaar in 'n kas gebêre het - jy mors nie goeie asyn nie, vra
> my!). Gooi die lourierblare bo-op.
>
> As jy die 4de bottel self gaan haal, vra vir vroulief of sy 'n broodjie bak,
> of rys maak. Ignoreer haar kyk.
>
> Luister vir daai pot, hy moenie stil wees nie, want dan gebeur daar of
> bokkerôl, of hy brand - hy moet met jou gesels. As die 5de bottel klaar is,
> behoort die pot gaar te wees, en jy ook. Dan kan julle maar skep, en die 6de
> daarmee saam geniet.
>
> (Alternatiewelik kan jy hom laat staan tot die volgende oggend, dan hoef jy
> nie almal eers wakker te maak nie!)
>

Nog 'n ding wat hulle nie verstaan nie is dat 80% van die plesier in
die "maak" van die potjie is en die res by die eet kom. Maar ek sal
hulle nog leer hoe dit werk.

> As jy belangstel, vertel ek jou hoe om wildemakou gaar te maak?

Ja Henri, ek stel belang. Miskien kan ek dit probeer op die "locals"
hier om my.

Groete
Neels
PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]

Remember: Only by sharing our pain can we .... make other people feel bad too.

If a "little" is good, "more" must be better, and "too much" is just about right.
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16406 is 'n antwoord op boodskap #16355] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
jnpj...@bigfoot.com wrote:
> On Fri, 24 Jul 1998 08:13:21 GMT, c-n...@usa.net (Vyg Fynbos) wrote:
>
>>
>> boerewors
>>
> Hel, Vyg, hierdie beskrywing het vir ons groot betekenis - ek leef my
> daarin, want jy vat dit so raak. Ons het hier in die VSA ook gou
> geleer om die wors te maak - gelukkig het die plaaslike slagter vars
> vark derm, want hulle maak Italiaanse Sausages.
>
> Ek maak so dertig pond wors op 'n slag sodat ek nie te gereeld hoef te
> maak nie en Jack, die slagter weet nou al ek soek dat hy die vleis vir
> my maal op die growwe lem. My vleis meuletjie word net vir die stop
> gebruik en nou en dan maal ek die spek daarmee (ek moet ongerookte
> bacon koop om darem bietjie spek te kan bekom.)
>
> Die boerewors is natuurlik nou lekker as ek so tussen die muskiete
> deur moet braai, maar dis ook 'n baie gemaklike vinnige vleisdis as 'n
> mens vinnig wil kos maak.
>
> En raai wat is omtrent die heel lekkerste aspek daarvan? Jy WEET daar
> is nie soja poeier en water in die wors nie!
>

griet sowaar ja !

hier in Thailand proe die kos so vreemd..
ek gaan die week brood en koek bak,
sommer net omdat ek in n kreatiewe
kosmaak bui is.. ha ha..

wie anders hier hou van asynpoeding ?
ek weet dit klink suur, maar asynpoeding
is fantasies heerlik !
-- en so maklik om te bak
-Vyg
--
plant n boom

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16408 is 'n antwoord op boodskap #16355] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 26 Jul 1998 14:10:38 +0200, "Arthur Hagen" wrote:

> Neels heeft geschreven in bericht
>>
>> Daai bierbrood is 'n wenner:
>>
>> 3 koppies bruismeel
>> 1/3 koppie suiker
>> 1 1/3 bier

Ek sit 'n halwe teelepel sout in......

>>
>> Meng en bak vir 1 uur teen 180 C(350 F)
>>
> Wat is bruismeel precies? Zelfrijzend bakmeel misschien?

Ja! Arthur - dis net wat dit is!

> Moet het dan nog
> even rijzen voor je het in de oven zet?

Nee, jy bak hom dadelik! En eet hom so vars as moontlik (dadelik).

>
> Groeten,
> Arthur
>
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16427 is 'n antwoord op boodskap #16355] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Carel  is tans af-lyn  Carel
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
>
> As jy belangstel, vertel ek jou hoe om wildemakou gaar te maak?
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> (e-mail: remove 'sukikaki.')

Janeewat, 'n ou swem/vlieg-vleisie sal welkom afgaan, wonner of Elisabet
sal maaind as ek een van haar pronkvere daar in St.James Park gaan pluk!

Soos Nataniel se, Stuur net die dem ding!

Carel
Re: boerewors hier vêr in die ooste [boodskap #16428 is 'n antwoord op boodskap #16355] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Darrin Speegle  is tans af-lyn  Darrin Speegle
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ken iemand 'n lekker potjiekos resep wat nie vleis in het nie? Ja, ek
weet dat potjiekos "moet" vleis in he, maar 'n heel klompie van my
vriende eet nie vleis nie, en ek moet se dat ek verkies amper altyd my
resepte sonder vleis.

Terloops, ek was 'n week gelede in Toronto. Dit was 'n wonderlikke
stad; daar is 'n plek waat (blykbaar) baie mense van verskillende
agtergronde lekker saamleef. Wat my daaraan laat dink het is dat selfs
die "hot dog vendors" op die sypaaidjies het "vegetable dogs" gehad!
Dis iets wat ek nooit in Amerika sal sien nie; ten minste nie in Texas
nie.

Groente,
Darrin
Vorige onderwerp: Hier sit ek in Engeland
Volgende onderwerp: Nuwe SA paspoort
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:45:12 MGT 2024