Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n kans om jammer te sê
'n kans om jammer te sê [boodskap #140242] Do, 15 September 2022 21:04
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
hier waar ek nog in die bed lê
gewek deur ‘n hond se geblaf
luisterend na die vrolike gekwetter van voëltjies voor my venster
waar die eerste sonstrale spookbeelde teen die ruit laat verskyn besef ek skielik hoe gelukkig ek is
want ek is nog ‘n kans gegun
‘n kans om baie mee te doen
maar veral ‘n kans om jammer te mag sê

nie almal van ons word so ‘n kans gegun
om jammer te mag sê
vir dade wat ander liggaamlik gewond het
vir woorde wat ander geestelik gebreek het
vir denke wat ander persoonlik benadeel het
of selfs net om jammer te mag sê
aan iemand wat dit werklik nodig het
ons jammer-woorde saai ons maar baie dun

ek wil graag dankie sê
vir die kans om jammer te mag sê
die kans om so baie mee te doen
die kans spesiaal aan my gegun
hier waar die eerste sonstrale spookbeelde teen die ruit laat verskyn
terwyl ek luister na die vrolike gekwetter van voëltjies voor my venster
so pas gewek deur ‘n hond se geblaf
hier waar ek nog in die bed lê
Vorige onderwerp: swartriet
Volgende onderwerp: slagting in die baai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:48:02 MGT 2024