Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » swartriet
swartriet [boodskap #140237] Do, 15 September 2022 13:08
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
swartriet
plek van droom
maar ook plek van verdriet
rustig lê jy hier op die weslandsoom
gun my om my hart hier uit te giet

in absolute harmonie
gly die visskole deur jou waters
terwyl ek wonder wie
het in die vergange visskuit gevaar met sy maters
maar waarom verspil ek hierop my energie

ek word deur jou aanloopbaanstrand weggevoer
na die oeroue rotse in die verte
om te gaan kyk hoe lyk dit doer
by die miniatuurgebergte
net om my blik na ‘n nuwe aanloopbaan te voer

met ‘n sagte gedruis spoel jou waters oor die sand
sonder ophou tot in der ewigheid
om lafenis te bring na hierdie dorre land
en my vir ‘n wyle in my verganklikheid
hier vas te heg met ‘n onsigbare band

die talle ou murasies
neem my terug na ‘n tyd baie lank gelee
(toe mens en dier hier een was)
en die klanke van die nasies
gemeng het met die geluid van die see
op hulle klink ek vanaand drie glasies
Vorige onderwerp: die oggendstrand
Volgende onderwerp: 'n kans om jammer te sê
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:11:19 MGT 2024