Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die oggendstrand
die oggendstrand [boodskap #140223] So, 11 September 2022 16:15
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
van voordag af sit ek langs die strand op die rots
en luister na die geluid van die see
die hartklop van die oseaan
soos die branders op ‘n natuurlike reëlmaat
met ‘n fors ver oor die sand uitspoel
en onmiddellik daarna weer net so vinnig terug in die see verdwyn

met elke uitspoel van die branders
word duisende seewesens op die sand agtergelaat
wat teen ‘n verbasende spoed weer onder die nat sand verdwyn
terwyl die water weer in die oseaan terug trek
en slegs die skulpe van dooie diertjies en plante op die strand agterbly

intussen het strandlopertjies en seemeeue en duikertjies opgedaag
op soek na ‘n stewige ontbyt voor die nuwe dag begin
ek het opgestaan en stadigaan net buitekant die watermerk
al langs die see afgestap en na interessante skulpe en stukke spoelhout gesoek
voordat die strand binnekort deur ‘n horde mense en hul honde beset word

wanneer ek terug huiswaarts draai besef ek vir die eerste keer
dat daar slegs een ry mensespore op die sand lê
wat beteken dat ek die heel eerste mens is
wat vandag sy voetspoor op die strand gelaat het
daar is niks so mooi soos die brose natuur en jy
Vorige onderwerp: die kwikstertjie en ek
Volgende onderwerp: swartriet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:53:37 MGT 2024