Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die kwikstertjie en ek
die kwikstertjie en ek [boodskap #140222] So, 11 September 2022 16:12
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek sit op my knieë en onkruid uittrek
voordat die voorspelde reën my planne belemmer
om die grond vir ‘n nuwe bedding voor te berei

dan sien ek ‘n beweging hier skuins langsaan my
dis ‘n kwikstertjie wat na iets te ete kom soek
en wil sien watter smullekker ietsie na die oppervlak kom

hy kom stap hier waar my hande die grond omdolwe
en beweeg so flink tussen die kluite deur
dat ek mooi moet oplet om hom nie te beseer

‘n moontlike paar happies het tog sy oog gevang
want na ‘n bondige fluit het sy vroutjie ook kom land
om saam met hom die prooi te geniet

ek was so bang dat ek hulle sou verwilder
dat ek plat op die grond gaan sit het
om elke ratse beweging van hulle te geniet
Vorige onderwerp: 'n gebedsgedig
Volgende onderwerp: die oggendstrand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:20:50 MGT 2024