Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n gebedsgedig
'n gebedsgedig [boodskap #140220] So, 11 September 2022 16:09
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek sit hier voor die klawerbord
om ‘n gebedsgedig te skryf
om vir God te sê hoe dankbaar ek is
vir al die wonderlike gawes
wat ek so onverdiend ontvang

my vingerpunte vee oor die klawerbord
op soek na die korrekte klawers om te tik
wat die korrekte woorde sal vorm
om die boodskap van my dankbaarheid
aan Hom oor te dra

maar dit is asof die woorde my ontwyk
so asof hulle nie getik wil word nie

dan besef ek dat dit nie nodig is
om na woorde vir ‘n gedig te soek nie

want ek hoef slegs op Hom te fokus
waar ek ook al mag wees
en dan te sê: “baie, baie dankie Vader
vir al die onverdiende gawes
wat ek daagliks van u ontvang”

[Bygewerk op: So, 11 September 2022 16:10]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: boodskap aan die jeug
Volgende onderwerp: die kwikstertjie en ek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:51:02 MGT 2024