Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » vrye land
vrye land [boodskap #140211] Sa, 10 September 2022 17:27
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die fetus in die baarmoeder
is ‘n las vir sy opvoeder
wat woon in ‘n land
waar die lewe geen waarde meer het
en die mens van al sy mensheid gestroop word
deur die wanverstaan van demokrasie

‘n rit op die pad
is soos ‘n tog in die stad
waar emosielose mensfigure
jou robotagtig aangluur
voordat hulle jou van die een na die ander voortstamp
en die hele proses homself herhaal

wat het tog van die menslike wil geword
of het dit ook oor die afgrond gestort
daardie wil om te oorleef
en jou lewensruim tot elke prys te verdedig
sodat jy sinvol kan asemhaal
en jou jeug op die toekoms kan voorberei

daar is nie meer iets soos respek
want dit het ook op daardie herfsdag gevrek
sonder respek maak liefde ‘n plakkersbestaan
en as jy nie respek het vir dit wat jou eie is
hoe sal jy ooit andere kan respekteer
as jy dit nie van kleins af tuis kan leer

wanneer die fetus uit die baarmoeder ontvou
is dit die begin van ‘n reuse taak vir daardie vrou
wat as moeder die kind moet lei
tussen die willose, respeklose, liefdelose mensfigure deur
wat daagliks die natuur rondom hulle bevuil
en dan robotagtig sê: nou is ons werklik vry
Vorige onderwerp: dankvlug
Volgende onderwerp: weskusoseaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:59:12 MGT 2024