Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » afrikaans - toekomstaal
afrikaans - toekomstaal [boodskap #139692] Vr, 15 Julie 2022 08:43
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
nie lank gelede nie is jy gebore
hier aan die suidpunt van afrika
as kombuistaal (kooktaal, baktaal en broutaal)

heel gou het jou soete klanke geval op geleerde ore
en het jy jou babalewe verruil
vir onderrigtaal (maaktaal, breektaal en boutaal)

soldate en politici het ook jou potensiaal gewaar
en jou geforseer om jou tienerlewe prys te gee
vir oorlogstaal (apartheidstaal, skeltaal en haattaal)

maar gelukkig was baie mense bewus van die gevaar
daarom moes jou jongmenslewe vinnig plek maak
vir versoeningstaal (vryheidstaal, vredetaal en praattaal)

veels geluk, afrikaans, jy het in jou kort bestaan
die lewenstoets met onderskeiding geslaag
nou, in jou volwasselewe, kan jy ontspan en jouself oorgee
aan die genade van die jongmense van hierdie planeet

jy het reeds ver buite die grense van afrika gegaan
en jou op verhoë, in teaters, op tv-skerms en die internet gewaag
daar word selfs aan oorsese universiteite en skole in jou klas gegee
jy het die ganse wêreld aan jou voete en moet dit nooit vergeet

want jy is vir die jeug van vandag
hul toekomstaal
Vorige onderwerp: suid-afrika - geboorteland
Volgende onderwerp: afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:23:47 MGT 2024