Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » suid-afrika - geboorteland
suid-afrika - geboorteland [boodskap #139691] Vr, 15 Julie 2022 08:42
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek wil graag ‘n gedig oor suid-afrika skryf
maar hoe beperk ‘n mens ‘n land so uiters divers
tot die lyne van ‘n digtersvers

van die welige lowergroen plante van noord-natal
tot die rooi sand van die dorre kalahari-woestynland
van die skaapplase van die groot karoo
tot die saailande en vrugteboorde van die boland

vind mens soveel verskillende nasies
elk met sy eie pragtige taal
maar al die verskillende kulture
is juis die hoeksteen van hierdie verhaal

van die dae toe die san oor die vlaktes geloop het
tot die xhosa vandag die land regeer
het so baie dinge gebeur
dat ek slegs kan sê: ”Baie dankie Heer”

want daar was vrede en daar was oorloë
daar was apartheid en daar was samesyn
maar vir my bly suid-afrika steeds die land van my drome
en daarop klink ek graag ‘n glasie wyn
Vorige onderwerp: die laaste dag
Volgende onderwerp: afrikaans - toekomstaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 17:14:54 MGT 2024