Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Elegie" deur HENNING PIETERSE
"Elegie" deur HENNING PIETERSE [boodskap #16039] Di, 07 Julie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ELEGIE
Henning Pieterse

Die bougainvillaea bloei 'n vrolike rooi,
het jy die dag gesê voor jy weg is.
Ook: ek verstaan jou nie. Verstaan jou nie.

Langsaan het spreeus
die pruimboom kaal gesteel.
Hulle het soos ek dit nie verstaan nie.

Die formasies van voëls in die rooi middae
kon ek natrek
en die niks bewonder.

Tussendeur het jy laat weet van bloed
wat opdroog. Droë blomme
kon ek nooit begryp nie.

Op 'n dag vat die jakaranda
blou vlam by die venster
sonder dat hy dit verstaan.

Toe was die bougainvillaea uitgebloei.
Sy hang, sonder om te verstaan,
tussen spreeus in die jakaranda.
Vorige onderwerp: "Winter op Stellenbosch" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Seer Hart Glimlag" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 20:15:49 MGT 2024