Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » my hart is baie seer
my hart is baie seer [boodskap #139668] So, 10 Julie 2022 16:25
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
hoeveel onskuldige meisies moet hulle nog verkrag, meneer die President
meisies wat die moeders, die sakevroue en die leiers van die toekoms moet wees
u praat so maklik oor die rol van die vrou in hierdie land
selfs oor die moontlikheid van ‘n vroulike President

maar as u voortgaan om u rug op die sinnelose verkragting van ons meisies te draai
sal daar binnekort geen meisies oor wees om vroue te word

hoeveel onskuldige mense moet hulle nog vermoor, meneer die President
mense wat die ratte in hierdie land laat draai
terwyl u sorgeloos deur afrika reis
om te luister na die dinge wat hulle inwoners pla

maar as u voortgaan om u rug op die sinnelose moorde van ons mense te draai
sal daar binnekort geen land wees om aan die einde van u reise na terug te keer

hoeveel inbrake moet hulle nog uitvoer, meneer die President
inbrake in plekke waar mense veilig behoort te voel
terwyl u rustig agter u veiligheidsmuur ontspan
wat deur die inwoners van hierdie land aan u geskenk is

maar as u voortgaan om u rug op die sinnelose inbrake te keer
sal daar binnekort geen sent uit boedelbelasting gemaak word nie, want alles is reeds gesteel
Vorige onderwerp: my hart is baie seer
Volgende onderwerp: suid-afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:54:33 MGT 2024