Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die reuse brander
die reuse brander [boodskap #139666] So, 10 Julie 2022 16:21
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek lê op my rug
en kyk op na die lug
na daar waar die seemeeue
my vermaak met hul vlug

terwyl branders om my breek
en die son se steek
weens al die sand op my liggaam
total ontbreek

want my dogter probeer
om die see weg te keer
deur my met sand te bedek
en so die vloei van die natuur te beheer

maar die oseaan se krag
spoel die golwe met ‘n mag
so ver oor die strand
dat geen mensekind dit sou verwag

ons het gedink dat ons veilig was
want ons was dan so na-aan die gras
maar ons was beslis verkeerd
want skielik was branders waar daar droë sand was

asof op ‘n slee
word ons seewaarts gevee
ons gil en roep en gryp en skop
maar die geluid van die golwe neem ons krete mee

dan lê ons albei daar
deurdrenk en in skok maar wel gespaar
van ‘n gewisse dood
sou ons dieper die oseaan in vaar

maar dan sien ek God se Hand
hier waar ons bevrees lê op die sand
Hy het ons teen ‘n rotspunt vas laat rol
en ons sodoende lewend gehou op land
Vorige onderwerp: ons moedertaal
Volgende onderwerp: my hart is baie seer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:49:48 MGT 2024