Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bekendmaak
bekendmaak [boodskap #138707] Di, 11 Januarie 2022 15:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bekendmaak
Afbreking: be•kend•maak
Samestelling: bekend + maak


Werkwoord: maak bekend, bekendmaak
Verlede tyd: het bekendgemaak

Betekenis:
• Om inligting te openbaar; aan ander mee te deel.
• Om beroemd te maak.

Gebruik:
• Die polisie sal nie die minderjarige se identiteit bekendmaak nie.
• Die uitvinding het hom wêreldwyd bekendgemaak.

Sinoniem:
• aankondig
• inlig
• meedeel
• onthul
• openbaarmaak
• proklameer
• uitbasuin
• uitlap
• verkondig
• vermeld

Afgelei:
• bekendmaking

Vertaling:
Engels: to announce, make public
Nederlands: bekendmaken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waardig
Volgende onderwerp: reliëf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 13:34:00 MGT 2024