Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » witvoetjie
witvoetjie [boodskap #138164] Sa, 09 Oktober 2021 06:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
witvoetjie
Afbreking: wit•voet•jie
Samestelling: wit + voetjie


Selfstandige naamwoord: witvoetjie
Meervoud:

Betekenis:
• Probeer om iemand se guns te wen deur inkruiperig te wees (in vaste uitdrukking "witvoetjie soek").

Gebruik:
• Dit help nie om witvoetjie te soek by die onderwysers nie.

Sinoniem:
• flikflooi
• gatkruip
• inkruip
• vlei

Afgelei:
• witvoetjiesoeker
• witvoetjiesoekerig

Vertaling:
Engels: curry favour
Nederlands: witpootje

Nota:
• In die Middeleeue kon perde met wit pote die paaie tolvry gebruik en vrylik by stadspoorte ingaan.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: morfeem
Volgende onderwerp: onderdanig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:39:07 MGT 2024