Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE BEGIN VAN ALLES..........!!
DIE BEGIN VAN ALLES..........!! [boodskap #15223] Wo, 27 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ons gaan kyk toe na 'n spesiale hoe-resolusie-grootskerm film
in 'n spesiale teater, 'n film oor die sterre en die heelal en alles.
Die kamera begin by 'n waterdruppel uit 'n moeras.
Dit wys eers klein watervlooitjies wat binne die druppel rondswem,
dan zoem dit in na nog kleiner dingetjies,
eensellige diertjies en nog kleiner: X-Y-chromosome en DNA,
na al kleiner dinge zoem die kamera.
Dan molekules en atome en elektrone ens.
'n ongelooflik ingewikkelde en wonderbaarlike heelal in 'n waterdruppel!

Daarna gaan die kamera weer verder terug, dit zoem uit:
vanaf lande en oseane na die aardbol, sonnestelsel, die melkweg,
"clusters" van sonnestelsels, swart gate ens, tot by die "einde" van
die heelal, daar waar die slimste mense nie eers meer kan raai
wat daaragter le nie. Afstande en dinge wat so groot is dat jy dit
nie eers kan verwerk nie.

Dit laat mens dink hoe ongelooflik groot en kompleks dinge is,
en hoe nietig (maar wonderlik) die mens is in die groot skema van dinge.

Iets kan nie sommer uit niks geskep word nie,
die heelal kan nie vanself of "toevallig" gebeur het nie.
Dit is die 2de wet van termodinamika,
(maar dis sommer "common sense" ook).

Of mens nou glo in evolusie of 'n letterlike interpretasie van
die bybel of in die "Big Bang" of wat ookal
jy kom een of ander tyd uit by 'n BEGINPUNT:
IETS of IEMAND moet agter die skepping
van die heelal en alles daarin wees.
IETS of IEMAND wat oneindig veel slimmer is
en meer kan vermag as die mens, en nie in tyd of ruimte gebonde is nie.

"Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle wee is nie my wee nie, spreek die Here. Want soos
die hemel hoer is as die aarde, so is my wee hoer as julle wee en
my gedagtes as julle gedagtes" Jes 55:8,9

"Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde." Openb 21:6
"U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele
is werke van u hande. Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal
almal soos 'n kleed verslyt, en soos 'n mantel sal u hulle toerol,
en hulle sal verander word, Maar U is dieselfde, en U jare het
geen einde nie." Heb 1:10

Die Bybel is tog maar 'n interesante ou boekie ne?
Party mense verkies om nie te dink oor bogenoemde dinge nie,
hulle vermy dit maar net gaan aan.
Ander is arrogant en dink die mens kan alles verklaar.
Nog ander bly wonder en soek...

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: DIE BEGIN VAN ALLES..........!! [boodskap #15262 is 'n antwoord op boodskap #15223] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Galjoen, ek het 'n persoonlike versoek: jy kan maar weier! Wil jy
> nie asb vir ons sê of jy 'n hemale of 'n female is nie!?! Ek sal
> graag wil weet...

Nico,

Galjoen is 'n hemale. Ek raai nie nou nie want ek het al met hom
gesels. Waarom dink jy sal hy so 'n vraag weier om te antwoord?
Re: DIE BEGIN VAN ALLES..........!! [boodskap #15264 is 'n antwoord op boodskap #15223] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 May 1998 19:02:30 +1200, GALJOEN wrote:

> Ons gaan kyk toe na 'n spesiale hoe-resolusie-grootskerm film

Dankie vir 'n baie positiewe plasing! Dit laat mens dink! En dit
maak my soms kwaad vir myself dat ek met iemand soos Gloudina
deurmekaar raak. Hoe minder pille sy drink, hoe meer vererg sy my en
hoe meer onbesonne dinge skryf ek dan in antwoord op haar dribbel!
Ai! En ek trap so graag in die gat!

Maar soos jy beskryf, is die wereld baie kompleks en iewers waar ons
tussen die atoom en die sterrestelsels deur dryf, probeer ons hier in
enkele honderde woorde sake kondenseer tot belaglike eenvoudighede!

Galjoen, ek het 'n persoonlike versoek: jy kan maar weier! Wil jy
nie asb vir ons sê of jy 'n hemale of 'n female is nie!?! Ek sal
graag wil weet...
Re: DIE BEGIN VAN ALLES..........!! [boodskap #15315 is 'n antwoord op boodskap #15223] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 May 1998 22:27:39 GMT, reu...@iinet.net.au (Willemien) wrote:

>
>> Galjoen, ek het 'n persoonlike versoek: jy kan maar weier! Wil jy
>> nie asb vir ons sê of jy 'n hemale of 'n female is nie!?! Ek sal
>> graag wil weet...
>
> Nico,
>
> Galjoen is 'n hemale. Ek raai nie nou nie want ek het al met hom
> gesels. Waarom dink jy sal hy so 'n vraag weier om te antwoord?
>
Weet nie - ek verstaan die oordrewe gebruik van net-name glad nie.....
Vorige onderwerp: NP se laaste asem ...
Volgende onderwerp: Totsiens, Suid Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 21:50:25 MGT 2024