Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: NP se laaste asem ...
Re: NP se laaste asem ... [boodskap #15209] Wo, 27 Mei 1998 00:00
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johan N Potgieter wrote in message ...
> En die een ou wat ek gehoop het kan sy loopbaan skoon eindig, stel my
> toe ook teleur. Ek het FW eenmaal ontmoet voor hy nog president was
> toe hy by my vriend se skoonpa op Gansbaai gaan kuier het. Ek was
> baie beindruk met die persoon, die manier waarop hy met sy seuns
> gepraat het en net dood eenvoudig die manier waarop hy teenoor 'n paar
> van ons opgetree het wat in 'n laer liga gestaan het.
>
> En nou gooi hy sy vrou so weg .... ek is net bloot baie teleurgesteld!

Johan,

My familie is huis vriende van FW. Ons was bure in AcaciaPark in die
Kaap(1973/74 as ek reg onthou) toe hy nog maar 'n niks in die politiek was.
Al die jare het ons kontak gehou. My suster was ook 'n chef in sy huis in
Pretoria vir 2 jaar. So ek sou kon se dat ek hom redelik goed ken. Die
punt wat mense mis is dat hy nie 'n engeltjie is nie. Niemand is nie. Wat
mense na moet kyk is Marike se persoonlikheid. Maar as ek met 'n vrou soos
syne moes saamleef het ek haar lankal al gelos. Ek is net verbaas dat dit
hy dit nou eers doen. En wat het sy persoonlike lewe dan nou met sy
politieke lewe uit tewaai? Mense maak asof dit een en die selfde is. Dit
is nie. Hy is 'n man soos ek en jy. Wat hy in sy private lewe doen het
niks te doen met ons nie.

In elke geval, my twee pennies op die onderwerp.

Groete
Re: NP se laaste asem ... [boodskap #15210 is 'n antwoord op boodskap #15209] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 May 1998 00:39:38 -0500, "IRQ0" wrote:

> My familie is huis vriende van FW. Ons was bure in AcaciaPark

Ek het in Akasiepark grootgeword! (Wel, helfte van die tyd...) Maar
dit was in die sestiger jare, voor die woonstelle gebou is. Hoërskool
was ons nie daar nie, maar daarna het my ouers weer soontoe gegaan
terwyl ek in die Transvaal die huis opgepas het. My ouers het nog tot
1981 se sitting afgegaan en in Akasiapark gebly!

> in die
> Kaap(1973/74 as ek reg onthou) toe hy nog maar 'n niks in die politiek was.
> Al die jare het ons kontak gehou. My suster was ook 'n chef in sy huis in
> Pretoria vir 2 jaar. So ek sou kon se dat ek hom redelik goed ken. Die
> punt wat mense mis is dat hy nie 'n engeltjie is nie. Niemand is nie.

Ek hoor wat jy sê en dit is seker so, ek kan nie oordeel op een dag se
ontmoet nie, en op die skyn wat vir openbare lewe voorgegooi word nie.

> Wat
> mense na moet kyk is Marike se persoonlikheid. Maar as ek met 'n vrou soos
> syne moes saamleef het ek haar lankal al gelos. Ek is net verbaas dat dit
> hy dit nou eers doen.

Waarom word niks oor haar persoonlikheid gese nie - sy kom altyd so
onskuldig uit al die tydskrif artikels uit??!!!?

> En wat het sy persoonlike lewe dan nou met sy
> politieke lewe uit tewaai? Mense maak asof dit een en die selfde is.

Is maar menslik jong. En ek dink darem 'n politikus plaas sy lewe oop
voor almal - hy wil hulle immers lei en dan moet hulle weet hoe hy oor
ALLES voel.

> Dit
> is nie. Hy is 'n man soos ek en jy.

En daarom verwag ek hy moet netsoos ek getrou bly aan sy lewensmaat
wat hy gekies het en besluit het om mee te trou.

> Wat hy in sy private lewe doen het
> niks te doen met ons nie.
>
> In elke geval, my twee pennies op die onderwerp.
>
Dankie vir die wys van die ónder kant" van die pennies!
Vorige onderwerp: Re: DIE BEGIN VAN ALLES..........!!
Volgende onderwerp: Afrikaans/Engelse woordelyste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 12:41:55 MGT 2024