Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Oorsprong van Afrikaans (Indonesie)
Oorsprong van Afrikaans (Indonesie) [boodskap #15140] So, 24 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
wilc  is tans af-lyn  wilc
Boodskappe: 3
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek weet nie so mooi van al hierdie gesprekke rondom Indonisie en Afrikaans
nie.

Om dinge net bietjie uit te klaar. Die offisiele taal in Indonesia is
Bahasa Indonesie, en
in Maleisie is dit Basa Malei. 'n Taal soos Maleis of Indonesies bestaan
tog nie
regtig nie, maar eerder Bahasa. Alhoewel hierdie 2 tale baie dieselfde is,
is daar tog
'n verskil. Bahasa Malei is die oorspronklike en ouer taal. Bahasa
Indonesie weer is beinvloed
deur ander tale inheems aan Indonesie, soos Javanees ens. Terloops die
herhaling van 'n woord in
Bahasa Malei dui nie verkleining aan nie maar eerder meervoud. Bv.
anak=kind
anak anak = kinders
piesang = piesang
piesang piesang = piesangs

Die voorsate van Afrikaans is van Maleisie afkomstig. Min of meer diesefde
tyd
wat Afrikaans aan't ontwikkel was aan die Kaap, was Indonesie 'n
Nederlandse
kolonie. Die gevolg is dat daar heelwat Nederlands-westerse woorde in
Bahasa Indonesie
is wat ook Afrikaans klink. Die rede hiervoor is eerder die Nederlandse
invloed in Indonesie,
as die Bahasa Malei invloed op Afrikaans.

Groete
Christo
Re: Oorsprong van Afrikaans (Indonesie) [boodskap #15141 is 'n antwoord op boodskap #15140] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"wilc" writes:
> Ek weet nie so mooi van al hierdie gesprekke rondom Indonisie en Afrikaans nie.
>
> Om dinge net bietjie uit te klaar. Die offisiele taal in Indonesia is
> Bahasa Indonesie, en
> in Maleisie is dit Basa Malei. 'n Taal soos Maleis of Indonesies bestaan
> tog nie
> regtig nie, maar eerder Bahasa. Alhoewel hierdie 2 tale baie dieselfde is,
> is daar tog
> 'n verskil. Bahasa Malei is die oorspronklike en ouer taal. Bahasa
> Indonesie weer is beinvloed
> deur ander tale inheems aan Indonesie, soos Javanees ens. Terloops die
> herhaling van 'n woord in
> Bahasa Malei dui nie verkleining aan nie maar eerder meervoud. Bv.
> anak=kind
> anak anak = kinders
> piesang = piesang
> piesang piesang = piesangs
>
>
> Die voorsate van Afrikaans is van Maleisie afkomstig. Min of meer diesefde
> tyd
> wat Afrikaans aan't ontwikkel was aan die Kaap, was Indonesie 'n
> Nederlandse
> kolonie. Die gevolg is dat daar heelwat Nederlands-westerse woorde in
> Bahasa Indonesie
> is wat ook Afrikaans klink. Die rede hiervoor is eerder die Nederlandse
> invloed in Indonesie,
> as die Bahasa Malei invloed op Afrikaans.
>
> Groete
> Christo

Jy neem nie in ag dat daar 'n patios was
in die sewentiende eeu wat nou deur die
taalkundiges Maleis-Portugees genoem word
nie. Dis via Maleis-Portugees wat baie
van die woorde uit die Ooste in die taal
van die Kaap ingekom het. Alhoewel die
invloed van Nederlandse handel in die
Verre Ooste groot was, was die invloed
van die Portugese nog groter op 'n sekere
tydstip. Hulle het vroeer daar aangekom,
en hulle wortels was dieper.

Gloudina
Re: Oorsprong van Afrikaans (Indonesie) [boodskap #15477 is 'n antwoord op boodskap #15140] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 24 May 98 09:18:12 GMT, "wilc" wrote:

> Ek weet nie so mooi van al hierdie gesprekke rondom Indonisie en Afrikaans
> nie.
>
> Die voorsate van Afrikaans is van Maleisie afkomstig. Min of meer diesefde
> tyd
> wat Afrikaans aan't ontwikkel was aan die Kaap, was Indonesie 'n
> Nederlandse
> kolonie. Die gevolg is dat daar heelwat Nederlands-westerse woorde in
> Bahasa Indonesie
> is wat ook Afrikaans klink. Die rede hiervoor is eerder die Nederlandse
> invloed in Indonesie,
> as die Bahasa Malei invloed op Afrikaans.
>
> Groete
> Christo
>
Ek stem volkome saam. Die "Afrikaanse" woorde in Bahasa is maar net
a.g.v. Nederlandse invloed. Ek het Indonesië in 1995 besoek met 'n
vakansie saam met 'n groep van so 12 Suid-Afrikaners. Ek het geweet
dat Nederland op 'n stadium Indonesië gekoloniseer het, maar dit was
maar net 'n gedagte in die agterkop. Ek het nie gedink dat die taal
werklik vandag nog 'n invloed gehad het nie.

Groot was my verbasing toe ek en nog 'n Suid-Afrikaner tussen die
talle straatmarkte rondbeweeg het. Ek kan nog goed onthou hoe ek in
AFrikaans aan 'n vriendin gesê het: "soek jy T-shirts wat borduurwerk
op het?" Skielik het 'n Indonesiese vrou my aan die arm gegryp en 'n
geborduurde T-hemp in my gesig gedruk... Ek het haar fronsend
aangekyk tot sy self gesê het: "@@#$@# borduur @#@$@"
Dis toe dat ek besef dat die Nederlandse woorde deel was van Bahasa.
Dit het ook snaaks gevoel om hierdie kort mensies op die strande te
sien skreeu: "Piesangs, piesangs!".

Ek het die paar dae op die eiland Bali baie geniet en sal dit vir
enigiemand aanbeveel as vakansiebestemming (dis nou as die politieke
situasie in die land weer heeltemal tot rus gekom het).

Groete

Bryan
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Oorsprong van Afrikaans (Indonesie) [boodskap #15543 is 'n antwoord op boodskap #15140] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius du Plessis  is tans af-lyn  Marius du Plessis
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Vir my is dit weer interressant om te weet hoe die Nederlandse bloed in die
Hotentotte se bloed gekom het.
Groetnis
Van Doep se Stoep

@igs.net wrote in article ...
> brynie...@TheOffice.net (Bryan) writes:
>
>
>>> Ek weet nie so mooi van al hierdie gesprekke rondom Indonisie en Afrikaans
>>> nie.

>
> Die vraag is natuurlik nie hoe die
> Nederlandse woorde in Bahasa gekom
> het nie, maar hoe on-nederlandse
> woorde van Maleisiese oorsprong in
> die Nederlands van die Kaap beland
> het. En of die Maleis-Portugees van
> die slawe 'n invloed gehad het op
> die ontstaan van Afrikaans.
>
> Gloudina
>
Re: Oorsprong van Afrikaans (Indonesie) [boodskap #15544 is 'n antwoord op boodskap #15140] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
brynie...@TheOffice.net (Bryan) writes:

>> Ek weet nie so mooi van al hierdie gesprekke rondom Indonisie en Afrikaans
>> nie.
>>
>> Die voorsate van Afrikaans is van Maleisie afkomstig. Min of meer diesefde
>> tyd
>> wat Afrikaans aan't ontwikkel was aan die Kaap, was Indonesie 'n
>> Nederlandse
>> kolonie. Die gevolg is dat daar heelwat Nederlands-westerse woorde in
>> Bahasa Indonesie
>> is wat ook Afrikaans klink. Die rede hiervoor is eerder die Nederlandse
>> invloed in Indonesie,
>> as die Bahasa Malei invloed op Afrikaans.
>>
>> Groete
>> Christo

Die vraag is natuurlik nie hoe die
Nederlandse woorde in Bahasa gekom
het nie, maar hoe on-nederlandse
woorde van Maleisiese oorsprong in
die Nederlands van die Kaap beland
het. En of die Maleis-Portugees van
die slawe 'n invloed gehad het op
die ontstaan van Afrikaans.

Gloudina
Re: Oorsprong van Afrikaans (Indonesie) [boodskap #15713 is 'n antwoord op boodskap #15140] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Goldstuck  is tans af-lyn  Arthur Goldstuck
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
brynie...@TheOffice.net (Bryan) writes:
>>> Ek weet nie so mooi van al hierdie gesprekke rondom Indonisie en Afrikaans
>>> nie.
>>> Die voorsate van Afrikaans is van Maleisie afkomstig. Min of meer diesefde
>>> tyd
>>> wat Afrikaans aan't ontwikkel was aan die Kaap, was Indonesie 'n
>>> Nederlandse
>>> kolonie. Die gevolg is dat daar heelwat Nederlands-westerse woorde in
>>> Bahasa Indonesie
>>> is wat ook Afrikaans klink. Die rede hiervoor is eerder die Nederlandse
>>> invloed in Indonesie,
>>> as die Bahasa Malei invloed op Afrikaans.

Ek skryf tans 'n boek oor die geskiedenis van Suidafrikaanse
spookstories en dit blyk dat die Indonesiers wat as slawe Kaap toe
gebring is een van die belangrikste invloede was op die spook-geloof
van die oorspronkilike Afrikaners. Achmat Davids, 'n bekende
akademikus en radio-uitsaaier in die Weskaap, sal binnekort 'n boek
laat druk wat die hele storie van die taal invloed vertel.

Arthur
Vorige onderwerp: idioom: ...-kin
Volgende onderwerp: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:22:16 MGT 2024